Jump to ratings and reviews
Rate this book

Loeloeraai

Rate this book
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.

112 pages, Paperback

First published January 1, 1923

Loading...
Loading...

About the author

C.J. Langenhoven

32 books14 followers
Cornelis Jacobus Langenhoven wrote under the pen name C.J. Langenhoven and was better known as Sagmoedige Neelsie (Gentle Neelsie) or Kerneels. He played a formidable role in South Africa's Afrikaans literature and cultural history and was one of the young language's foremost promoters. He is best known to have written the words for the original South African Anthem Die Stem. Considered one of the most versatile writers in Afrikaans, he was a master of the short form of prose and is remembered for his humorous and satirical works.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (42%)
4 stars
19 (45%)
3 stars
4 (9%)
2 stars
1 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Laura.
28 reviews
February 7, 2017
Wanneer de hoofdpersonages tijdens hun maanreis een aandenken op de maan willen achterlaten omdat ze als eerste aardbewoners deze plek hebben bezocht, discussiëren ze over de taal die ze moeten hanteren op het gedenkteken. In een contemporaine context krijgt de uitspraak van Engela een cynische en bittere nasmaak:

"En nou vir die opskrif," sê ek. "Die goud sal hou en die letters sal bly, maar daar is vandag opskrifte van die Kretense wat niemand kan ontsyfer nie. Watter taal sal ek gebruik wat oor honderdduisend jaar nog verstaan en gelees sal kan word?"
"Ons s'n is die jongste, Pappa. Hy sal die langste leef."
(1923:95)
5 reviews
January 5, 2020
Hierdie boek het my heel onkant betrap. Ek het hom begin lees as 'n keuse blokkie oefening maar was aangenaam verras met die rykdom daarin bevat.
Ek het min geweet van CJ Langenhoven, maar Loeloeraai gee die leser nie net 'n insig in sy kennis oor wetenskap en sterrekunde nie, maar ook sy diep verstaan van regering stelsels!

Sienende dat soveel kennis alledaags is in ons ruimte varende era, is ek byna jaloers oor die besonderhede van sy beskrywing van ruimte vaart en die wetenskaplike uitdagings wat mens afwag, dit alles voor die eerste maan landing! Sy kommentaar is nie ligtelik nie maar kom vanuit 'n baie diep verstaan en ewenaar met isaac Asimov se verstaan van robotte en kunsmatige intelligensie voor die se tyd.

Dis nie dikwels dat ek dele van 'n boek 3 of 4 maal lees en aanhou opgewonde wees oor die inhoud nie. Die brief van Loeloeraai aan die mensdom is 'n skrywe wat my diep geraak het en ek gaan dit verseker nog 'n paar keer oor lees om seker te maak dat alles goed tuis kom.

Ek is uiters opgewonde om meer van CJ Langenhoven se werke te lees en hoop dat sy ander skrywe ook meer van sy baie diep insigte in die mensdom deel!
Profile Image for te_lanus.
16 reviews1 follower
July 23, 2015
A very good Sci-Fi book written by C.J. Langenhoven. Written long before most of the facts we know today was available.
Profile Image for Tinus Van vuuren.
53 reviews1 follower
May 21, 2019
Loeloeraai is jeuglektuur met 'n eenvoudige, liniëre, storielyn.
Geskryf in1923, en 'n voorgeskrewe werk vir skole in1925 en 1926, sal dit waarskynlik nie byval vind by vandag se moderne jeug nie.
Afrikaans was letterlik nog in sy kinderskoene, en dit blyk duidelik uit die skryfstyl en woordeskat van die boek. Die waarde van die boek lê daarin dat ons kan terug kyk en besef hoe Afrikaans in die bestek van 96 jaar gegroei het.
Profile Image for Mick.
157 reviews1 follower
May 28, 2024
A remarkable book that should be of interest to historians of science fiction as well as UFOlogists. it is a story of an encounter with an alien being and "flying saucer" written in Afrikaans in 1923. That is a full 24 years before the Kenneth Arnold encounter brought flying saucers into the mainstream.
Also, it's a fun read.
52 reviews
March 16, 2026
Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Ek was aangenaam verras. Party dele was skreeusnaaks.
Op een punt spekuleer die karakters oor hoe sekere gebeurtenisse oor 100 jaar sal geskied. Dit is bevredigend om te besef dat die voorspellings 3 jaar gelede bevestig was (behalwe heel waarskynlik nie soos die skrywer verbeel het nie).
Profile Image for Riana.
143 reviews3 followers
October 4, 2015
'n Doodgewone gesin se lewens word onherroeplik verander toe Kerneels en sy gesin 'n onwerwagte besoeker van Venus ontvang. Die kuiergas, Loeloeraai, lyk byna nes 'n gewone mens, maar vlieg rond in 'n goue eier, het geel hare en glo hy is die wysheid vanself.

Ek het die eerste paar hoofstukke van hierdie boek baie geniet. Ongelukkig het die verhaal nie aangehou in dieselfde opwindende trant nie. Dis verbasend hoe baie hierdie boek my laat dink het aan 'n ander ou sci-fi boek wat ek op 'n stadium gelees het, A Honeymoon In Space. Die verhaal begin vol aksie en die karakters is vermaaklik, maar hoe verder mens lees, hoe meer afgewater raak die storielyn en hoe meer "wyshede," filosofiese nonsens en onwetenskaplike feite raak die karakters kwyt.

Ek het wel die komiese sy van die verhaal baie geniet, en as Loeloeraai bietjie minder "perfek" was sou ek dalk die boek meer waardeer het!
Displaying 1 - 7 of 7 reviews