Jump to ratings and reviews
Rate this book

Paradys

Rate this book
‘n Meesleurende sage.

Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop. Maar daar is Herman om aan te dink… Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oë. Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly toe sy stad toe getrek het.

Wanneer ‘n vreemde man egter een aand tydens ‘n storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe ‘n onverwagse wending. Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak dié Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk.

292 pages, Paperback

Published January 1, 2005

2 people want to read

About the author

Leon van Nierop

32 books24 followers
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (20%)
4 stars
3 (60%)
3 stars
1 (20%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
4 reviews
February 22, 2024
Paradys bevat een van die mooiste Afrikaanse liefdesbriewe wat ek nog gelees het: Die joernaal wat Larissa Lategan se pa tydens sy vlug na Paradys en sy hofmakery gehou het. Hy het geskryf vir sy vrou sodat sy van sy geheime verlede kan uitvind, maar omdat sy saam met hom in die motorongeluk oorlede is, lees Larissa dit saans as sy alleen in die plaashuis agterbly. Die roman is geset om die donker kant van draaiboekskryf te belig, waarvan die skrywer vermoedelik heelwat weet. Ook speel die effek van grondeise op grondeienaarskap  'n rol in die plotontwikkeling.

'n Goeie spanningslyn wat in amperse duplikaat met die huidige geslag loop met totaal verskillende uitkomste.

'n Lekker lees!
Profile Image for Heidi de Goede.
614 reviews8 followers
October 19, 2022
Ek geniet altyd Leon van Nierop se boeke. Altyd 'n kinkel in die kabel. Was so bietjie teleurgesteld met die foute aan die begin van die boek.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.