Dis nie mensehandel nie. Geen lospryse word gevra nie. Ontvoeringsake word meer.
Luitenant Danny Sadler inisieer ‘n artikel in die koerant, geskryf deur die bekende joernalis, Zena Swart. Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
SPEURVERHAAL ROMANSE SPANNING
Adjudant Offisier Johan Kotze (speurder): Nie enige skrywer kan die drade in ‘n speurverhaal suksesvol bymekaarbring en terselfdertyd die leser se aandag behou tot aan die einde nie. Jy kon dit in Ontfrommel doen, Elsabé. Ek het baie sake agter die blad en kon my met jou boek vereenselwig. Jou skryfstyl en skryf-vernuf is baie goed. Ontfrommel in geheel is ‘n goeie lees wat ek kan aanbeveel.
Annalize Onafhanklike Uitdagende spanningsvolle roman, met goeie taalgebruik, heelwat skeutjies humor en verfrissend anders. Die skrywer handhaaf ‘n goeie balans tussen spanning en romanse. Die tema verleen hom tot ‘n vinnige tempo, die een aksiebelaaide oomblik na die ander, selfs by die ontknoping. ‘n Heerlike verrassende einde.
Although Elsabé gypsied between rural and city living over the years, she now flourishes in the peacefulness of the Karoo. She found herself in very different situations and jobs over the years, and exactly that is what makes her blood flow strong; each new opportunity is exciting. "She turned her can’ts into can's and her dreams into plans." Writing is like daily breathing. She doesn't struggle to dig up stories, even retrieves them from her nightmares! Elsabé is an Afrikaans author and married to Anthonie.
Ontfrommel is ‘n baie boeiende en uitstekende verhaal. As jy eers begin lees, kan jy nie die boek neersit nie. Welgedaan Elsabe Welman, ek kan gerus hierdie boek aanbeveel.
BOOK REVIEW: FLORIEN DEYSEL ONTFROMMEL AUTHOR: ELSABE WELMAN SPELLING ERRORS: Corrections made. FOUL LANGUAGE: Foul language was used in the book, but it was used in context and is not disturbing. Examples: Page 53 – fok, bliksem; Page 54 – moerse; Page 57 – donder. VIOLENCE: This book contains violence although it is not excessive. PERVERSITY: No perversity was found. AUDIENCE: 14+. This is the first book I have read from Elsabe; I must admit, she is an excellent author. The book is well-written and researched. The book addresses the reality of human trafficking, with the very real threat of illegal organ harvesting for the black market. Human trafficking is one of the worst crimes against humanity I have ever encountered. Elsabe introduces the reader to the reality of dedicated SAPS members who deal with the reality of abductions, kidnappings, and crime daily . However, the book is also filled with joy, love, and romance. Zena finds her true love when she meets her rescuer and hero. Zena is a young journalist with ambition and a passion for what is right and wrong. Danny learns that there is a difference between love for a close friend and true love for his soulmate. Jannes learns that forgiveness and understanding give freedom. Nadi’s obsession drives her to suicide. Anna learns that we have to pay the price for our bad decisions and poor judgment. Sconi learns the hard way that crime doesn’t pay. Gabriel learns the true meaning of fatherhood and turns out to be a hero himself. This book contains it all; from love to hate, from depression to joy, from addiction to rehab to freedom, and the responsibility and consequences of your actions. It is good and bad in every one of us, it is our responsibility to make the right choices. When we trust ourselves and follow instructions, we overcome the bad. The negative of this book is the triggers it may contain for victims of abuse and trafficking. Due to the minor errors in the book, I cannot give this book a 5 out of 5 rating even though it really deserves a 5 out of 5 rating. In all fairness, I have to give this book a 4 out of 5 rating. This book is suitable for readers older than 14 due to the triggers and the topic of human trafficking.
Wat 'n ongelooflik boek om te lees... Baie geluk aan die skrywer Mev. Elsabé Welman.
Lanklaas 'n boek gelees, wat ek letterlik nie kon neersit nie en binne 2 aande gelees het. Was veral verras oor die storielyn wat mens op jou tone hou, en net as jy dink jy weet wat volgende gaan gebeur, kom daar 'n nuwe kinkel. Die verskillende karakters word baie goed beskryf en is uiteenlopend - wat die boek net nog meer interessant maak. Tannie Elsabé toor met woorde, haar woordkeuses laat 'n verdere kinkel.
Is dankbaar ek het die geleentheid gekry om hierdie boek te kon lees, ek het dit baie geniet.
Soos al Elsabé se ander boeke, kan mens nie hierdie boek neersit as jy eers begin het nie. Mens wil die lekkerte probeer uitrek, maar met hierdie speurverhaal met 'n goeie skoot romanse tussen in, is dit nie moontlik nie. Die storielyn hou mens so vasgevang en al weet jy jy moet nou liewer gaan slaap, wil jy net gou nog een hoofstuk lees. Die boek is elke sent werd.
Ontfrommel het my ingetrek, vanaf bladsy 1. Die groei in die karakters (behalwe Scony natuurlik), was goed om te beleef, te midde van storms in hul lewens. Die skrywer het baie drade uiteindelik saamgevat - skitterende werk. Verrassende einde.
Dis flippen ernstig om iemand doelbewus te wil vermoor Wou jy hom regtig vergiftig het?
Scony, die skurk: "Ek het een moerse safety net. Ons is al vir maande besig en die cops kry niks uitgefigure nie.”
Dis hoe sy gemoed nou voel; bevlek met sonde.
Die pittige Engelsman: "Ek sal moet poep vir punte," om sy meisie weer aan sy kant te kry. Die saak kry hom ook onder: "I must sort out my tumble dryer head."
Daar is steeds die mooi en romanse, wat ten spyte van die bisarre spanning, bestaan: "Daar is goed in elke mens. Elke mens moet net die goed in hom kans gee." "Jy het by my siel kom inloer, Zen, en my gevat met al my krake en rowe."
Ontfrommel se oorsprong kom van 'n nagmerrie wat ek gehad het. Ek het wilde drome! Die storie het daar rondom ontwikkel. Ek het lief geword vir die karakters. Dis net Scony aan wie daar nie salf te smeer was nie... die bitterheid en wreedheid het bly sit.
Another one of Elsabe' s treasures. People are going missing and Danny's is on the case, he gets Zena involved to right a story putting a target on them both. The story is full of mystery, suspense and murder. A second change murder mystery romance. I enjoyed the story very much. It has strong characters and the dialogue is so true south African. I recommend this to contemporary murder mystery lovers.
I have been a follower of Elsabe since Ryk Armgat and Ontfrommel was nothing else but mind blowing! This book keeps you on your toes and keeps you guessing from the start. I would definitely recommend Ontfrommel to anyone looking for a good Afrikaans book.
The story had me on the edge of my seat the entire time. I loved the characters, and I even had some sympathy for the villains. The pacing was perfect - there was always something happening.
“Ontfrommel” is ’n stewige bydae tot die misdaadroman-genre, wat deesdae baie sterk staan in Afrikaans. Hierdie boek van 486 bladsye het ’n duidelike romantiese inslag wat vrouelesers dalk meer sal geval as mans wat meer deur aksie en ’n vinnige tempo aangetrek word. Daar is talle kinkels in die kabel en as sulks is dit nie net tjoef tjaf klaar gelag nie – Ontfrommel frommel nie summier oop nie, dit vou laag vir laag oop. In hierdie huidige massiewe aanbod van krimi’s (in SA en elders), is die vraag dan: hoe suksesvol is Ontfrommel as krimi? Die plot: onvoorspelbaar, met tergende vrae wat die leser se geduld mag beproef. Die karakters: deurgaans interessant; ’n kleurryke en kontrasterende ensamble wat lesers met genoegdoening mag onthou. Hier is nie sprake van die deurtrapte formules wat eksakte polisieprosedures en handevol vals leidrade ’n algemeen-waarneembare kenmerk van hierdie genre gemaak het nie, maar die leser moet self besluit ... hoe hou jy van jou krimi? Goed geolie en hardgebak? Of dalk met ’n dik kors en smullekker vulsel soos bona fide Col’Cacchio-pizzas? Dis die vraag ... Ontfrommel is ’n deurstopper van ’n krimi met ’n opstopper van ’n storie, met sorg gebak in die vuurwarm oond van Elsabé Welman, die skrywer wat Riviersonderend waarintiewaar op die kaart plaas met haar keurige spanningsverhale. Ekself is’n lui leser, en verkies dunner boekies sodat ek 20 in ’n maand kan verslind, maar Ontfrommel het my op sy eie vir byna twee weke besig gehou. Hou jy van waarde vir geld; hier is ’n boek wat jy nie sommer sal vergeet nie. Ontfrommel het my heelwat van krimi’s geleer en ek, wat suinig is met akkolades, gee dit vier blink sterre.
Elsabe Welman se roman, Ontfrommel, is 'n ambisieuse poging om misdaadfiksie met romantiese elemente te verweef. As ervare Afrikaanse skrywer bewys Welman weereens haar uitstekende bemeestering van die taal – haar woordkeuse is skerpsinnig en haar beskrywings is treffend. Dit is duidelik dat sy 'n talentvolle skrywer is wat die Afrikaanse taal met vaardigheid en respek hanteer.
Tog laat die boek die leser met gemengde gevoelens. Die verhaal, wat sentreer rondom twee paartjies – Jannes en Zena, sowel as Danny en Sonika – sukkel om sy genre-identiteit te vind. As misdaadfiksie geklassifiseer, ontbreek Ontfrommel die noodsaaklike struktuur en spanning wat hierdie genre kenmerk. Die misdaadelement voel ondergeskik aan die romantiese intriges, maar juis dié romantiese verhaallyn skep sy eie uitdagings.
Die romantiese ontwikkeling tussen die karakters voel geforseerd en onnatuurlik. Beide paartjies volg 'n soortgelyke patroon waar hulle haastig na die huwelik beweeg om hul begeertes te legitimeer, eerder as om 'n meer natuurlike, geleidelike intimiteit te ontwikkel. Hierdie benadering laat die karakterontwikkeling vlak voorkom en beroof die leser van oortuigende, geloofwaardige verhoudingsdinamiek.
Die boek sou aansienlik baat gevind het by 'n strenger redigeerproses. Baie gedeeltes voel uitgerek en oorbodige detail vertraag die narratief se momentum. Die gevoel ontstaan dat die storie in die helfte van die bladsye vertel kon gewees het sonder om die kernboodskap te verloor.
Welman se taalvaardigheid kan nie bevraagteken word nie, en daar is oomblikke van werklike literêre kwaliteit wat die leser herinner aan haar potensiaal. Die karakterisering toon tekens van diepte, en sekere tonele is meesterlik uitgevoer. Ongelukkig word hierdie sterk punte oorskadu deur die struktuurprobleme en onrealistiese karakterinteraksies.
Ontfrommel is 'n behoorlike lees-ervaring wat die leser sal boei, maar dit sal waarskynlik nie as 'n bladsy-omslaner beskryf word nie. Dit is eerder 'n boek wat stadig geniet moet word, met waardering vir Welman se taalkundigheid, terwyl 'n mens die narratiewe tekortkominge oorkom. Vir lesers wat Welman se vorige boeke waardeer het, sal dit steeds die moeite werd wees, al hoop mens dat haar volgende boek 'n sterker genre-struktuur sal toon.
Spanningsvol, romanties, humoristies en boeiend is maar net van die woorde waarmee hierdie boek beskryf kan word. Die manier waarop die storie ontknoop word, het gesorg vir 'n paar naelbyt oomblikke. Baie goeie storie met karakters wat 'n mens intrek en jou aandag enduit hou.
Ek het Ontfrommel baie geniet, kon dit nie neersit nie. Elsabé het ń uitmuntende en unieke skryfstyl, wat jou geboei hou tot aan die einde. Ek kan nie wag vir die volgende boek nie.
O dit was nou een aksie-belaaide boek wat ek nie kon neersit nie! Ontfrommel hou jou as leser se aandag van die eerste oomblik af – of dit nou suspens, romanse, hardekwas maniere of ‘n aantreklike weermag held – jy sal nie die boek kan neersit nie.
Hierdie boek is net nog ‘n afrikaanse skatkis en sal jou aanraai om nie langer te wag nie. Lees die boek!