Jump to ratings and reviews
Rate this book

Plunder

Rate this book
In dié jongste bundel van Krog ontwikkel sy voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut. Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees.

128 pages, Paperback

First published January 1, 2022

14 people are currently reading
68 people want to read

About the author

Antjie Krog

62 books97 followers
Krog grew up on a farm, attending primary and secondary school in Kroonstad. In 1973 she earned a BA (Hons) degree in English from the University of the Orange Free State, and an MA in Afrikaans from the University of Pretoria in 1976. With a teaching diploma from the University of South Africa (UNISA) she would lecture at a segregated teacher’s training college for black South Africans.

She is married to architect John Samuel and has four children: Andries, Susan, Philip, and Willem. In 2004 she joined the Arts faculty of the University of the Western Cape.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
31 (63%)
4 stars
16 (32%)
3 stars
2 (4%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Gerhard.
1,312 reviews892 followers
January 15, 2023
our most fragile Earth, stretching into the universe
hallowed be Thy Existence
let us hail Thee as a Kingdom
let us protect Thee
Thy complete surface
as we should Thy depths
You give us each day
our daily light, tempered water, photosynthesis and bread
but our pollution Thou cannot forgive
nor our abuse and destruction of each other
lead us into the temptation to love Thee above all else
to deliver Thee from all purulent disgrace
for Thine is this place in the universe
and its power, its abundance and delightful equilibrium
for ever and ever

Review to follow.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,488 reviews85 followers
November 12, 2022
#Plunder – Antjie Krog
#HumanenRousseau

Liewe Antjie,
Ons ken mekaar nie, maar ek het jou woorde hier in standerd ses (deesdae graad agt) rond geleer ken. Ek onthou nog baie goed watter gedig eerste was: ‘Omdat’ uit ‘Dogter van Jefta’. Dit was destyds nogal vreemd om ‘n Afrikaanse gedig raak te loop wat glad nie rym nie; ek het eers later geleer dat dit vrye verse genoem word, maar die woorde het ek nooit vergeet nie. Deur die jare het ek baie van jou gedigte gelees, sommer so informeel, want ek het geen taalkwalifikasie nie. Maar ek weet wanneer woorde my laat regop sit, wanneer dit so mooi is dat ek dit oor en oor fluister – net om dit weer te hoor; woorde wat, om Koos du Plessis aan te haal, vir ewig ‘gebalsem in my’ bly. En ek het dit al so dikwels in jou skryfwerk ervaar.

Nou sit ek met ‘Plunder’ oop voor my. Verskeie dele is met helder pienk gemerk; daardie dele wat ek gaan balsem; gaan bêre soos brandhout vir die winter. Daar is so baie wat ek daaroor wil sê, maar die formele woorde ontbreek my – so ek gaan bloot uit die hart praat. Ek weet dat jy onlangs 70 jaar oud geword het. En ek herken die onvermydelike besef van ouer word en van die nuutgevonde bewustheid van sterflikheid op talle plekke in hierdie bundel: ‘…hoe is dit moontlik dat ons liggame / - net soos wat dit eenmalig saamgestel is - / net 1x lewe en nou boonop in hope tot niet gaan?’ (20) en ‘…maar toe kan ek nie op van my hurke nie / jy klim bekommerd uit en strek jou hand / en omdat dit skielik na die enigste hand in die ganse wêreld lyk / gryp ek…’ (25) Die invloed daarvan op jou skryfwerk is net so treffend: ‘dit kom nie meer op my af nie / die geluid / die geluid van ‘n gedig / kom nie meer op my af nie… / ‘n afskeidnemende wêreld is al wat priem / tussen soveel opgesaalde woorde…’ (11) en ‘…google rondom die woord / tel dit uiteindelik op / sit dit netjies terug in my geheue / voel drie maal deur die dag of dit nog daar is / ‘n paar dae later gaan ek weer bevrees op soek / hoe lank nog gaan ek op taalvlerke kan vlieg?’ (27)

Dit maak my deurentyd bewoë wanneer mense wat reeds ‘n leeftyd deel, mekaar steeds so intens liefhet en na mekaar verlang soos wat jy beskryf: ‘...ons gaan ‘n nuwe era binne, ‘n ander soort vrees /iets onsigbaars ek skryf maar net wat ek kan / asseblief, moenie vergeet dat ek jou nooit sal vergeet / sonder om jou kennis te gee nie.’ (15); asook ‘…ek weet net dat die blote gedagte aan jou êrens in die huis / my roosblaarlig tot rus bring…’ (16) en die aangrypende ‘…laat ons gedagtes nie daar talm nie / kom ons lê bymekaar, ons lywe nog verhewe bo die dood’ (17)

Jou bekommernis oor die mens se vernietigende omgaan met die aarde en, spesifiek ons land, word eweneens duidelik. Ek hoor die pyn in die vraag: ‘…is dit die graf van my stomme land wat so huil?’ (23) en ‘…hoe kom ons vry? hoe herstel, hoe vergeef ons? / hoe hersê ons ons verlede?’ (48) Jou pryslied vir DMT gryp my aan die hart: ‘…ek glo nie aan heiligmaking nie / maar die ingrypende aantasting van ‘n ganse land / deur hierdie enkele mens laat my glo: / nou is hy dood – hierdie gewete…’ (68)

Ai, en jou woorde oor ‘n kleinkind: ‘…as Ouma heel oud is sal die dood kom uit die berge / sag en grys soos mistige weer / en sy kop knik soos ‘n vriend / maar aan die handjie wat nou in myne glip / hang vir altyd die hele wet en die profete’ (73) Maar, meer as alles, is dit hierdie aanhaling wat ek sal balsem, vir weer lees, vir onthou, vir troos: ‘…jou dood is ‘n gat wat nooit toegroei nie / ‘n radelose verlange sonder einde / ons laat jou gaan, liewe Ma / ons kameraad / op die palms van ons so ontoereikende liefde’ (91)

Dankie dat jy steeds jou woorde deel, want ‘…elke keer wat mens nie gee nie / is mens minder - / minder mens’ (115) Ek groet jou met jou Priesterlike groet: ‘gaan in vrede en verheerlik die Broosheid van die Lewe… / gaan heen, word Versorgers van die Aarde en skouer die Juk van Omgee / amen’ (126)

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek NB-Uitgewers/Publishers
Profile Image for Shikara Nel.
49 reviews12 followers
January 4, 2023
Antjie o Antjie. I bow down.
Jy het dit steeds.
‘n Moét lees.
Profile Image for Pepijn de Koning.
2 reviews1 follower
May 20, 2024
In de bundel Plundering van de Zuid-Afrikaanse schrijver en dichter Antjie Krog worden alle facetten van het woord ‘plundering’ ‒ in het Afrikaans ‘plunder’ ‒ onderzocht. Waar kunnen we hoop vinden wanneer de wereld om ons heen, ons lichaam, onze geest, de medemens geplunderd wordt? In elkaar misschien? In de natuur? In iets ertussenin? In de poëzie? Ondanks alle plunderingen gaat er een ongelofelijke levenskracht uit van de gedichten in deze bundel, die in de kundige vertaling van Robert Dorsman en Jan van der Haar ook in het Nederlands tot hun recht komen. Opgestuwd door het pulserende ritme, de dwingende kracht die ze het Afrikaans geeft, weet Krog thema’s als vrouw-zijn, liefde, erotiek, de aftakeling van lichaam, de broosheid van de aarde, de sterfelijkheid van de mens en de immer aanwezige raciale dimensie in de Zuid-Afrikaanse samenleving met elkaar te verweven in activistische en persoonlijke gedichten die zowel wanhoop als hoop uitstralen.

🌌🍂🌱 🌌🍂🌱 🌌🍂🌱

Lees mijn recensie voor De Reactor hier verder: https://www.dereactor.org/teksten/plu...
Profile Image for Barbabook.
25 reviews1 follower
June 9, 2023
Wat een ongelooflijk mooie bundel is dit!

Het gedicht “verlange- radeloos en donder einde” raakte me het meest.
Het eerste gedicht van “gedagtes” vond ik zo herkenbaar, het maakte me aan het lachen.
71 reviews1 follower
June 9, 2023
Iedere dag een gedicht. Indrukwekkend
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.