Monica is 'n onvergenoegde huisvrou - slagoffer van haar huishoudelikheid en haar eie gedweë geaardheid. Sy weet: alles wat sy vandag doen, sal môre wéér gedoen moet word. "Dit hou nooit op nie en dit sal nooit ophou nie. Dit sal aanhou van nou af tot in ewigheid, amen. En aan die einde sal daar niks wees om te wys nie en niemand sal ooit weet hoe sy dit gehaat het nie."
Baker beeld op outentieke wyse die vrou Monica uit wat soms met ontnugtering aanvoel dat iets sinryks in die lewe aan haar verbygaan. Sy tas skugter daarna, maar is te beskroomd om haar werklik bloot te stel.
Deur 'n onmoeting met 'n banale vrou uit 'n ander ander lewensfeer - iemand teenoor wie sy in 'n onbewaakte oomblik gebieg het - word sy gedwing tot konfrontasie met die één skokkende moment van betekenisvolle lewe wat sy geken het.
Although Baker initially studied music, she obtained her M.A. in Afrikaans (cum laude) in 1968 at the University of Pretoria. In Johannesburg she worked as a school teacher and got married to Walter Baker in 1969. Three years later her debut Wêreld sonder einde appeared, albeit that Weerkaatsings (Reflections) established her status as an important (though unfortunately often undervalued) Afrikaans author who penned 56 books in the end. Since her husband was in the diplomatic service, the couple moved from Teheran to Den Haag and from there to Montreal and Brussels before returning to South Africa to retire. Baker died of cancer at the age of 57.
She sometimes used the pseudonyms Christine le Roux and Alex Muller.
Monica herinner baie aan Marta, die vrou oor wie Baker kort voor haar dood geskryf het. Om die waarheid te sê, is die ooreenkomste vir my so voor die hand liggend, dat ek wonder of sy nie Die ander Marta geskryf het in 'n poging om die vrae te beantwoord wat deur hierdie manuskrip daargestel word nie.
Monica is 'n verveelde huisvrou - iets waarmee ek op hierdie stadium self worstel - en dit is juis waar Baker se vaardigheid inkom. Sy weet haar leseresse is nie mense met glansryke lewens nie, maar eenvoudige vrouens wat op soek is na oplossings uit die doolhoof van herhaling in ons lewens: Skottelgoed, Stofsuig, Skoonmaak, Stryk (en ander s-woorde). Monica spreek hartsbegeertes uit waarmee ons kan identifiseer, maar haar vrese keer dat sy dit uitleef. Dit skep 'n soort frustrasie wat (my in elk geval) uit die gevangenis wil laat uitbreek. Dit is hoekom ek melding maak van Die ander Marta wat, soos Monica, lief is vir water en/of bad, maar besluit het om in die see selfmoord te pleeg. Wanneer sy deur 'n vreemde man 'gered' word, begin sy háár vrae oor haar banale bestaan beantwoord en wonder selfs of sy ooit weer na haar man sal terugkeer. Dit is vir my 'n veel meer betekenisvolle oplossing, of soeke tot 'n antwoord, as wat Monica vind. Monica se geskiedenis dreig om haar te oorweldig, maar dit is eerder haar omstandighede wat 'n uitkoms bied, as dat sy self iets daaromtrent doen (soos Marta).
In ieder geval 'n bevredigende boek. Baker stel selde haar leser teleur.