Bianca van Schalkwyk het haar lewe lank daarna gesmag om ‘n normale gesinslewe te lei. Haar kinderjare was nie juis rooskleurig nie en sou sy seker maak dat niemand van haar verlede uitvind nie. Maar een enkele oproep bring haar hele bestaan tot stilstand. Binne oomblikke voel sy weer soos die jong meisie wat saam met haar broer kaalvoet langs hulle dronk pa staan en die verbale en fisiese mishandeling aanskou. Sal sy hierdie nagmerrie kan ontsnap? Wat kan die koerante moontlik weet wat so nuuswaardig is? Wie moet Bianca in die tronk gaan besoek? En sal haar lewe ooit weer dieselfde wees? Hierdie is ‘n verhaal oor ‘n vrou wat struikel, opstaan en weer kan vergewe.
BOOK REVIEW: FLORIEN DEYSEL BUIGBARE BOME AUTHOR: ADELE GILL SPELLING ERRORS: I did not find any spelling or grammar errors in the book. FOUL LANGUAGE: None VIOLENCE: Nothing severe, however, domestic violence is described and might be a trigger to sensitive readers. PERVERSITY: NONE AUDIENCE: All From the moment I read the first word of this book, I was hooked. It captured me as I also know the pain of abuse. This book is based on the reality of Gender Based Violence which is one of the worst forms of abuse as it affects the entire family and not only the victim/s. The reader walks in the shoes of Magda and her children as they walk on the road to victory through many heart-breaking years to finally find victory, love, and healing. Jaco not only endured rejection from his father but was also bullied at school. Bianca, a survivor of emotional and physical abuse takes us on her journey to victory and healing. As a victor myself I understand the pain but also the joy, the good, and the bad. Alcohol and drug abuse have ruined the lives of many families and have caused tremendous trauma to victims. But it also ruins the health and life of the abuser as many abusers cannot break free from the addiction, however, there are addicts who managed to break free and change their lives. All of us have choices to make in our lives and sometimes these choices lead to further heartbreak and suffering. It is not the bad choices we make that define us; it is what we do about those choices that define us. Finding healing, love, peace, and joy is a difficult road to walk for a victim but not impossible as the Love of God offers all the above when we surrender to Him. Forgiveness is important but does not mean that the abuser or perpetrator should get away with the crime. Forgiveness gives freedom to the survivor and opens the door to victory. What can be negative when you find peace and joy? The negative aspects turn into your message of victory and love. It makes you an overcomer. I will give this book a 5 out of 5 rating because it is simply excellent. Well done, Adele. This book is suitable for all ages as it portrays a very important lesson to all of us, the lesson that we can overcome even in the worst circumstances.
n Lekker lees boek, mooi geskryf sonder spelfoute. Kan net sowel n ware storie gewees het. Ek dink baie huishoudings in Suid Afrika kan identifiseer met gebeure in die boek. Goeie storielyn. Ek het die boek baie geniet. Sien uit na jou volgende boeke Adele👏🏻👏🏻👏🏻
Bianca van Schalkwyk se grootwordjare was allesbehalwe koesterend en tradisioneel. Pa Japie se toenemende alkoholafhanklikheid het verseker dat haar jongste herinneringe die van aggressie en geweld is. Sy stap die doringpad van ‘n kind uit ‘n disfunksionele gesin: selfbeeldprobleme, ‘n geloofstryd, seksuele molestering, alkohol- en middelmisbruik, selfskending, promiskuïteit, wanaanpassing, en ‘n selfdoodpoging.
Die roman open met haar besoek aan ‘n onbekende gevangene, maar haar moed begewe haar op die laaste oomblik en sy vlug sonder om die besoek te voltooi. Haar lewensverhaal word vanaf die volgende hoofstuk, toe sy vyf jaar oud was, deur middel van terugflitse vertel.
Die aanvanklike jeugdigheid van die protagonis het tot gevolg dat haar uitkyk, gedagtes en dialoog ongekunsteld en naïef is. Ongelukkig, in teenstelling met wat te verwagte is wanneer ‘n roman die veroudering van ‘n karakter insluit, is daar weinig tekens van groei of toenemende volwassenheid by Bianca. Sy openbaar wel verhoogde emosionele insigte in die slottonele, maar haar dialoog, ook in haar gedagtewêreld, is deurlopend die van ‘n baie jonger karakter.
Hierdie dilemma gee aanleiding tot ‘n soortgelykes beswaar ten opsigte van die karakter van haar ouer broer, Jaco. Wanneer dialoog tussen die sibbe beoordeel word, is daar weinig verskil tussen hulle woordkeuses en uitdrukkings, en hulle karakters is bykans spieëlbeelde van mekaar. Dis ‘n algemene beswaar teen die roman: Die karakters ontwikkel nie tot individuele en unieke entiteite nie. Die feit dat sentrale karakters, soos Bianca se man, nie by die naam genoem word nie en bloot as haar man beskryf word, dra by tot ‘n gevoel van afstandelikheid tussen die leser en die karakters.
‘n Praktiese voorbeeld is ‘n toneel waar Jaco en Bianca se motor in die donker op die snelweg onklaar raak. Sy reaksie ‘Ag nee man!’ is gewoon nie versoenbaar met ‘n karakter in sy posisie nie. Die roman word teen ‘n Christelike agtergrond aangebied en sterk taal mag dus om daardie rede vermy word, maar daar kon bloot gesê wees dat ‘n kragwoord hom ontglip het.
Gewigtige onderwerpe soos tiener-selfmutilasie, depressie en ‘n poging tot selfdood, word tereg ingesluit, maar word asof terloops gemeld, wat afbreuk doen aan die erns daarvan en beperk derhalwe ook die oordra van die impak van die karakters se trauma aan die leser. Daar is te gereeld ‘n geneigdheid om ‘n problematiese situasie se afloop asof terloops te meld. Terug by die motor op die snelweg as voorbeeld: Jaco kry die volgende oggend blitssnel die probleem, maar die leser word nie ingelig hoe hy dit gedoen en hoekom hy moes wag vir die oggend om die probleem op te spoor nie, veral wanneer in ag geneem word dat Bianca ‘n groot gedeelte van die nag spandeer het om ‘n brief by haar selfoon se liggie te lees – daar was dus genoegsame lig beskikbaar.
Die verhaal is een van hoop, van vrymaking van die verlede, en van nuut begin, maar die trefkrag kon groter gewees het indien bovermelde growwe hoeke fyner geskaaf was.
Gesinsgeweld en die langdurige effek op ń mens, word selde verstaan deur diegene wat nooit self daardeur gaan nie. Die trauma waardeur hierdie gesin gegaan het, die pyn en ook die groei van elke lid het my geboei van begin tot einde! Die boek is baie goed geskryf, die storielyn is sterk en geen spelfoute nie! Die storie vloei gemaklik tussen hede en verlede en trek die leser in die oomblik aan! Ek sal die boek beslis aanbeveel, dit laat jou die waarde van selfs die kleinste dinge besef! Aanraking en die woorde: Ek is lief vir jou! Kinders het daai versekering nodig! Drank is ń euwel en vernietig soveel meer as net die alkoholis!
Hierdie familie het tydens die lees daarvan, my kop geokkupeer. Die basiese verlange van ‘n kind, selfs om net om ‘n tafel te sit en eet as familie, tref diep. Die storie is rou en eerlik, en bring veral die verantwoordelikheid van die ouer op die voorgrond; beskerm jou kind – al is dit teen hulle eie pa. Wel gedaan, Adele Gill.
Hierdie is 'n akkurate uitbeelding oor wat jare lange verbale en fisiese mishandeling aan 'n kind kan doen. Dit is 'n Christelike verhaal wat handel oor alkoholmisbruik, misdaad sowel as verkeerde besluite. Kontak die skrywer van die boek vir meer inligting en die inspirasie agter die boek.