In Pampas reis Elvira vroeg in die vorige eeu na Argentinie, waar sy in aanraking kom met vreemde mense en 'n vreemde landskap. Die ruimte van die vlakte wat haar alkante omring, die roerende glinstering van die skuinsgewaaide gras, vul haar oe, haar kop, haar hande, haar lyf. In afsondering, haar eensaamheid ver sterk deur 'n liefdelose huwelik, word sy gekonfronteer met die grense in haarself, kom sy te staan voor die beperkinge van haar menslikheid en worstel sy met die onherroeplikheid van haar keuse. In Klooster vertrek Helena saam met drie mans op 'n soektog na 'n verlore manuskrip. Maar tussen die bonkige mure van 'n massiewe vesting en teen die hange van 'n berg wat uitstyg bo die wye woestynlandskap, onderneem sy haar eie ontdekkingstog - 'n fisieke en spirituele reis, gevoer tot 'n evokatiewe hoogtepunt.
Elsa (Elsa) Antoinette Murray Joubert was the author of several (travel) books that concern themselves with life in Africa, the relationships between people and the conflicts between cultures.
Joubert grew up in Paarl and matriculated from the all-girls school La Rochelle in Paarl in 1939. She then studied at the University of Stellenbosch from which she graduated with a Bachelor of Arts degree in 1942 and an SED (Secondary Education Diploma) in 1943. She continued her studies at the University of Cape Town which she left with a Master's degree in Dutch-Afrikaans literature at in 1945.
After graduating, she taught at an all-girls high school in Cradock, then worked as the editor of the women’s pages of Huisgenoot, a well-known Afrikaans family magazine, from 1946 to 1948. She then started writing full-time and travelled extensively in Africa, from the springs of the Nile in Uganda, through the Sudan, to Cairo, as well as to Mozambique, Mauritius, Réunion, Madagascar, and Angola. She also visited Indonesia.
In 1950 Elsa Joubert married Klaas Steytler, a journalist and later publisher and author, who died in 1998. She has three children, two daughters and one son, and lives in Oranjezicht, Cape Town.
Ek krap 'n bietjie kop waaroor die tweede verhaal, wat by 'n klooster in die woestyn afspeel, nou eintlik gaan. Of eintlik:- wat daar gebéúr het? Die eerste verhaal, Pampas, is 'n troostelose storie van 'n vrou wat om die verkeerde redes trou en dan onwillig vasgevang raak in 'n harde, eensame lewe. Agterna het ek heel mismoedig en bedruk gevoel. Dis egter baie goed geskryf met oortuigende karakters. Laat my nuuskierig oor die Afrikaners wat net na die Boere-oorlog Argentinië toe is. Hoor net hoe mooi Afrikaans praat sommige van hulle op hierdie YouTube video!