Erdvarkfontein is 'n dorpie onder die steekson van die Kalahari. Goed en boos is hier in 'n verbete stryd gewikkel, terwyl intriges soos stofduiwels dans:
Wanneer twee skuimbolle sersant Springbok Bergman in 'n kleinhuisie betrap, volg 'n orgie van geweld waarin selfs sy troetelvark, Heimi, die spit afbyt. 'n Honderesies en 'n paar slinkse misdadigers se poging om uit die tronk te ontsnap, lei eweneens tot vuurwerke. 'n Idealistiese jong man, Migiel, en sy geliefkoosde hoender, Clutchkop, neem die wêreld op horings tydens 'n besoek aan 'n rare nagklub, Die Magneet. En einste Migiel raak betrokke by 'n ongewone bankroof op Upington ...
Kleurryke karakters spruit welig uit hierdie dorre wêreld. Daar is die eksentrieke komkommerboer Noag, en sy gestremde voorman, Henry, wie se vreedsame leefwyse versteur word deur die koms van die tert Tara - 'n smeulende vrou wat ken van mans verlei, likkewane braai en blink steentjies smokkel. Teenoor die diepsinnige Simon Finkel is daar die aartskonkelaar Vet Zet wat graag in 'n waterbed klim saam met sy luislang, Desire, en een van talle minnaresse. En om al die onheilighede te probeer hokslaan, is daar sersant Grunter Hölz, wat Afrikaans én Duits radbraak en die gereg se naam krater maak.
Vreemde dinge gebeur met 'n rasende vaart, en bou onstuitbaar op na 'n klimaks: 'n wilde geveg by 'n Musiekfees, waarin haas almal met oorgawe vuiste swaai en lood laat sing.
Erdvarkfontein> is 'n óóp roman met filmiese aksie. Bloedig snaaks en onvoorspelbaar, dié debuut van Tom Dreyer, vanjaar se M-Net-beurswenner vir Skeppende Skryfwerk.
Tom Dreyer is the author of the novels Erdvarkfontein, Stinkafrikaners and Equatoria, as well as short stories and poetry. Stinkafrikaners was awarded the Eugène Marais Prize in 2001. Tom holds an MA in Creative Writing from the University of Cape Town and is a fellow of the University of Iowa’s International Writing Program.
His fourth novel, The Long Wave, appeared at Penguin Random House in 2016. It was longlisted for the Sunday Times Literary Prize, while the Afrikaans version, Dorado, was shortlisted for the University of Johannesburg Prize as well as the KykNet/Rapport Film Prize.
Tom Dreyer is die skrywer van die romans Erdvarkfontein, Stinkafrikaners en Equatoria asook kortverhale en poësie. Stinkafrikaners is in 2001 met die Eugène Maraisprys bekroon. Tom het ’n meestersgraad in Skeppende Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en is ’n alumnus van die Universiteit van Iowa se International Writing Program.
Sy vierde roman, Dorado, het in 2016 by Penguin Random House verskyn. Die Engelse weergawe (The Long Wave) is gelanglys vir die Sunday Times-Prys, terwyl die Afrikaanse weergawe is gekortlys vir UJ-Prys sowel as die KykNet/Rapport-fliekprys.