Polaroid vertel die stories van hoteliers en pakhuisklerke, voordeurverkoopsmanne en werknemers van bandeplekke - gewone mense wat weier om gewoon te wees. Hulle is die "liggelowiges, ontredderdes en dié wat om diep persoonlike redes in wonderwerke moet glo"; hulle skop teen die alledaagsheid, want hulle weet, of hulle hoop, dat daar meer agter die dop van die werklikheid skuil. En hulle verhale is ook so: onder die oppervlak skitter geheimsinniger stories. Nes eienaardige dinge gebeur wanneer jy twee velle Polaroid oormekaar skuif, so dreig die gewone om - enige oomblik, en in verrassende kleur - deur die onbeduidende te breek.
Tom Dreyer is in 1972 in Kaapstad gebore, en studeer aan die Universiteit Stellenbosch asook die Universiteit Kaapstad.
Hy is die skrywer van die romans Erdvarkfontein (1998), Stinkafrikaners (2000) en Equatoria (2006). Stinkafrikaners is bekroon met die Eugene Marais-prys, terwyl Equatoria gekortlys is vir die M-Net-prys. (skutblad)
Tom Dreyer is the author of the novels Erdvarkfontein, Stinkafrikaners and Equatoria, as well as short stories and poetry. Stinkafrikaners was awarded the Eugène Marais Prize in 2001. Tom holds an MA in Creative Writing from the University of Cape Town and is a fellow of the University of Iowa’s International Writing Program.
His fourth novel, The Long Wave, appeared at Penguin Random House in 2016. It was longlisted for the Sunday Times Literary Prize, while the Afrikaans version, Dorado, was shortlisted for the University of Johannesburg Prize as well as the KykNet/Rapport Film Prize.
Tom Dreyer is die skrywer van die romans Erdvarkfontein, Stinkafrikaners en Equatoria asook kortverhale en poësie. Stinkafrikaners is in 2001 met die Eugène Maraisprys bekroon. Tom het ’n meestersgraad in Skeppende Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en is ’n alumnus van die Universiteit van Iowa se International Writing Program.
Sy vierde roman, Dorado, het in 2016 by Penguin Random House verskyn. Die Engelse weergawe (The Long Wave) is gelanglys vir die Sunday Times-Prys, terwyl die Afrikaanse weergawe is gekortlys vir UJ-Prys sowel as die KykNet/Rapport-fliekprys.