What do you think?
Rate this book


408 pages, Paperback
First published October 2, 2008
Hulle het in grypsug begin en in onmenslikheid oorwin.Merkwaardig hoeveel van die Boereoorlog en sy nasleep hier bymekaargebring is in 'n enkele samehorende verhaal. Die storie maak ’n draai by amper elke ellende van die Boereoorlog: die veldslae waarin gewone ‘burgers’ half ongeorganiseerd en halsoorkop ingesleep is, hulle moes maar self sien kom klaar vir hulle ammunisie en perde, plase wat afgebrand is, vrouens en kinders én plaasvolk wat in kampe vol dodelike siektes bymekaargemaak is. Selfs gebeure soos die beleëring van Kimberley waar die inwoners verhonger het. Ook die verdeeltheid in die volk, die 'hanskakies' aan die Engelse kant.
Dorothea begin agtergekom dat mense eintlik net struikel en val as hulle trots weggevat word – wanneer hulle so mín raak in hulle eie oë dat hulle minagting en krenking begin aanvaar as verdiende loon en niks anders meer verwag nie.
En elke jaar wanneer Magrieta tussen die oorgroeide hopies van die ononthoudes deurloop, sien sy van voor af hoe kort onthou en omgee is.