Sorg is 'n historiese roman, geskryf in die genre van magiese realisme. Die verhaal begin by die Skepping, toe die Khoi en San die koddige volstruis uitlag. Die Khoi skets die mitiese Groot Volstruis teen die muur van 'n grot in die Swartberge en die Groot Volstruis sweer wraak teen die mensdom wat hom gespot het. Die Groot Volstruis blaas sy giftige asem oor die Oudtshoorn-distrik van die negentiende eeu en dit tref veral vir Hendrik van der Westhuizen, volstruisveerbaron op sy plaas Sorgniet. Hendrik is getroud met die vooraanstaande Isabella Fourie, maar hy is verknog aan die bediende Eva Damon. Hendrik klou vas aan die patriargale gebruik dat 'n man vir sy vrou moet sorg, en Eva glo aan die Khoi en San se geloof dat Afrika self vir haar kinders sorg. Die Groot Volstruis gebruik die wind om oorlogswinde aan te waai en die volstruisveerbedryf word met 'n magtige vlerkslag vernietig, maar die Khoi- en Sangeeste dans steeds in die maag van die Kangogrotte. Hendrik se nasate by Isabella en Eva oorleef die Boere-oorlog, die Wereldoorloe en Distrik Ses, en die leser volg hulle voetspore tot by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waar die nasate weer met mekaar en met die onthutste spoke van die Volstruisveerera kennis maak. Teen die agtergrond van ongekende rykdom van die Volstruisveerera ontvou 'n sage van liefde, verraad, gierigheid, haat en vergifnis wat die karakters selfs na hulle dood nog vasvang.
Micki Pistorius, who has a doctorate in psychology, spent six years as a profiler with the South African Police Service. As head of their investigative psychology unit, she was involved in more than thirty serial killer cases and participated in the training of more than a hundred detectives in the investigation of serial homicides. She is regularly invited to lecture in France and still acts as a consultant to different South African agencies.
She is the author of Catch me a Killer, Strangers on the Street, Fatal Females, and Profiling Serial Killers and other crimes in South Africa,all published by Penguin. Her first novel, Sorg, was published by Penguin in 2006. Micki’s official website is available at www.mickipistorius.co.za.
Micki Pistorius is moontlik meer bekend vir haar forensiese nie-fiksie as wat sy as romanskrywer is. Ek was dus effe verbaas om te sien dat haar debuutroman die genre van magiese realisme betrek.
Die enigste ander resensie van die boek wat ek aanlyn kon kry is dié van Joan Hambridge, wat dit grotendeels as 'n mislukking bestempel. Nou ja, niemand sal my vir 'n literêre of akademiese reus aansien nie, selfs al betrap hulle my waar ek my bors met 'n Ingrid Winterbach roman invryf (fiktiewe anekdote, nie 'n ware verhaal nie). Dus vermoed ek dat ek en Joan Hambridge nie heeltemal deur dieselfde dinge gepla word wanneer ons 'n boek gryp nie.
Inderdaad het ek die eerste helfte van Sorg baie geniet. Na 'n kort inleiding (heel gepas die skepping van die wêreld, Klein Karoo-styl) skop die verhaal af by Tessa en Danie wat in Oudtshoorn aankom vir die KKNK. Dit word gou vir die leser duidelik dat beide van hulle deur bloed gebind is aan die dorp en omgewing, en toe hulle eers daarin slaag om die ou spoke van die glorieryke volstruisveertydperk raak te sien en mee in gesprek te tree ontvou die donker geskiedenis van hulle familie voor hulle.
Die leser word teruggeneem na 1874 waar Hendrik van der Westhuizen die eerste keer vir Eva Damon, 'n eksotiese kleurlingvrou, raakloop. Hendrik staan op trou met die dienlike Isabella, maar dis Eva wat sy volstruisveertjie regop in die wind laat wapper. Dié twee word die middelpunt van die gebeure wat van daar af ontvou, aangehelp deur die wind en die gees van die ou volstruis wat deur die oermense teen die muur van 'n grot in die berge geteken is.
Die boek is nie perfek geskryf nie. Daar is dinge wat kwel, soos die dialoog en bewoording van die karakters se gedagtegange wat nie altyd oortuig nie en soms bietjie lomp is. Die pas is by tye onewe, en veral na die einde toe het ek 'n doelgerigte najaag van 'n dramatiese finale gemis.
Tog plaas Sorg die leser in die middel van die volstruisveer-bloeityderk en die malle wedywering en hebsug wat uiteindelik tot tragedie lei, met die ewe tragiese lot van die Van Der Westhuizens sentraal.
Vir my 'n 3-ster boek. Glad nie 'n onaangename lees nie en allermins 'n mislukking, alhoewel dit my nie weggeblaas het nie en die afplatting na die einde toe miskien die grootste teleurstelling was.
sjoe - het hierdie boek nou my verwagtinge oortref. dis GLAD nie die tipe boek wat ek normaalweg van sal hou of sal optel nie. maar soms breek ek uit die rus uit los en probeer iets wat heeltemal anders is.
en is ek nou bly ek het hierdie een probeer, want ek het dit regtig baie geniet. ek dink die skrywer skryf ongelooflik goed - die skryfstyl is heerlik. selfs die storie was interessant en het my aandag deurentyd gehou - baie goed gedoen !!
Die verhaal van hierdie roman is interessant: dit behels die geskiedenis van Oudtshoorn, en al die mense wat in daardie omgewing gewoon het, en daar is boeiende magies realistiese elemente. Ongelukkig word die geheel ontsier deur onoortuigende dialoog. Jammer dat 'n sterk redakteur nie hierdie aspek beter kon laat vorm kry nie.
The novel tells an interesting tale and is therefore worthy of being read: the history of Oudtshoorn, the peoples living in the area for centuries, the extreme wealth brought by the ostrich feather boom, and fascinating magical realistic touches. Unfortunately the author did not write convincing dialogue - something a strong editor should have shaped better.
What an amazing story. Very well told and it will be in my mind for days, weeks, I hope years to come. Will a reader not from South Africa "get it"? I'm not sure.