Jump to ratings and reviews
Rate this book

Louoond: novelle

Rate this book
Luister vriende, die wêreld van die kombuis is van mens en God verlate. Dit is ’n toestand – een van beheerde histerie.

In hierdie novelle met sy humor en sy baie vlakke is geen kaalvoetvrou voor die stoof in ’n gesellige kombuis nie. Hierdie kombuis is vol kopulerende vlieë, twee Dobermanns, marsjerende miere, ’n ANC-lid en ’n Armeense kuiergas.
Terwyl die verteller ’n varkboud ontvries en later in die oond druk, luister sy na Callas en Chopin en probeer sin maak uit die wêreld se chaos om haar – die chaos wat al in haar kombuis ingesypel het.

As ek net een onsterflike reël kan skryf, ’n reël wat die hele wêreld my sal beny.

Goosen skryf in Louoond meer as een “ontsterflike reël” wat ’n lees en ’n herlees moontlik maak.

“Die novelle is ’n indrukwekkende prestasie waarmee Jeanne Goosen opnuut getoon het watter meestelike prosateur sy is.” André P. Brink

80 pages, Paperback

First published January 1, 1987

16 people want to read

About the author

Jeanne Goosen

19 books7 followers
Jeanne Goosen is een van die veelsydigste én mees kontroversiële skrywers in Afrikaans. Sy debuteer in 1971 as digter met 'n Uil vlieg weg, opgevolg deur Orrelpunte. Ook as dramaturg druk sy haar stempel af met hoogs suksesvolle eenakters en kabarettekste, Drie eenakters. Maar dis veral as prosaskrywer dat sy vir haar 'n prominente plek in die Afrikaanse letterkunde oopskryf met die publikasie van Om 'n mens na te boots, 'n Kat in die sak, Louoond, Ons is nie almal so nie en die kortverhaalbundel 'n Gelyke kans. Haar mees onlangse prosawerk is Wie is Jan Hoender? (2001) en 'n Pawpaw vir my darling (2002). Sy het ook in 2003 die kabaret Desnieteenstaande geskryf, wat met groot sukses by verskeie kunstefeeste opgevoer is. Jeanne se werk word telkens gekenmerk deur vernuwing en sy is veral bekend vir haar heerlike sin vir ironie in die uitbeelding van die dikwels onsmaaklike werklikheid. So verwerf sy 'n ereplek in die Afrikaanse prosatradisie.

For more info:
http://www.onnet.up.ac.za/jgoosen/goo...

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (33%)
4 stars
3 (33%)
3 stars
1 (11%)
2 stars
2 (22%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.