There is island what is not reachable by a person, white beaches what is not accessible by foot; there is a fountain of clear water that no one ever drank. There is no command that is not available on a map, and kisses that are never given a name there; don't hear an ear there that call of those voels or that blow of those burners, that distance unmeasured and those depths unfathomed - oh yes, there is island. That storyteller, Ruud, take a stroll on a Greek island by that young South African skilder Johan, who there bly together with sy Dutch woman, Hilde, and hul babaseuntjie. A little later Elsa, a friend of Hilde's, also arrived there. Those four people live together on that island for a while, one side and isolated from those islanders because hulle nie doesn't speak Greek; assigned to each other but tog each one alone. The emotional interaction that arises between human and human being results in an ongoing complexity that must eventually unravel. Soos always, Schoeman portrays that miraculousness of people in relation to each other, as well as all-Western unity, with clarity.
Schoeman is one of a handful of Afrikaans authors who has achieved real greatness in his own lifetime. His prizes include the Hertzog prize for prose three times (1970, 1986, 1995), the CNA prize (1972), the Helgaard Steyn prize (1988), the W.A. Hofmeyr prize and the Old Mutual prize for literature/fiction (1984, 1991). His work investigates the existence of the Afrikaner in Africa, especially those that came from Europe.
After completing his schooling in Paarl, he went on to study a B.A. at the University of the Free State before going to a Catholic Seminary in Pretoria. In 1961 he joined the Franciscan Order in Ireland as a noviciate for priesthood, but then returned to Bloemfontein to continue studying Librarianship. Before returning to South Africa for good in 1983, he was a librarian in Amsterdam as well as a nurse in Glasgow. Back in South Africa he continued writing and working as a librarian in Cape Town. He currently lives in Trompsburg.
'n Bepeinsing oor ons moeilike verhoudings met onsself en ander, ons ongemak met blootlegging en intimiteit, ons swerflus, ons hunkerings, ons gewoonte om ou regimes in stand te hou al is daar lankal geen rede meer voor nie. Ek kon dit nie neersit nie, dit het my tegelyk onrustig en stil gemaak.
Aan die eenkant kan 'n mens sê hierdie boek gaan oor Ruud se besoek aan 'n Griekse eiland waar hy vir Johan (en tot 'n mate sy vrou, Hilde) beter leer ken. Maar daar is soveel onvermydelike simboliek aan hierdie besoek en die twee mans se kennismaking, dat dit as argetipiese beeld van die mens binne sy samelewing dien. Schoeman skryf met 'n diep insig oor die psige van die mens en sy/haar behoefte aan samesyn, al erken die persoon dit nie altyd nie.
Die eiland verteenwoordig die mens en wat 'n mens daarop toelaat of nie. Dit duur 'n rukkie voordat Johan vir Ruud op sy (private) eiland aanvaar. Sodra die aanvaarding egter plaasgevind het, en Johan se "roep" beantwoord word, word hy so lief vir hom dat dit selfs sy huwelik met Hilde sou kon bedreig. Ruud is egter meer verantwoordelik as sy kunstenaar-vriend en sou dit nooit toelaat nie, al vind hy genoeg bevrediging in hul samesyn dat hy waarskynlik 'n maand of wat langer op die Griekse eiland bly as wat hy andersins sou.
Die afskeid tussen hierdie vriende, wat aan die einde van die boek uitgebeeld word, het my diep getref. Miskien juis omdat ek 'n soort "verwydering tussen vriende" ervaar, maar ook omdat daar 'n gesprek tussen Ruud en Johan, asook met "Elsa" (Hilde se vriendin wat tydens Ruud se verblyf ook kom kuier) plaasvind waarin hulle vra, hoe gaan 'n mens aan?
Hoe, inderdaad?
Eers is daar die sogenaamde "Tuin van Eden" wanneer elkeen die ander goed verstaan en in liefde saamleef. Dan kom die "sondvloed" (wanneer Hilde besef dat Johan en Ruud dit oorweeg om saam deur Noord-Afrika te reis), waarna hulle "uitgeskop" word. Elsa se raad is om geloof te hê. Met 'n toespeling op 1 Kor. 13, "Geloof, hoop en liefde bly, die drie, en die grootste daarvan is" ...? Volgens die Bybel, die liefde (wat Johan en Hilde se verhouding aan die lewe hou, wat hulle aan die lewe hou). Volgens Elsa is dit "geloof", nie noodwendig in 'n god nie, maar in dinge - in die aard van dinge. Al word dit nie as sulks uitgespel nie, bly die hoop vir Ruud. Hy bly hoop dat "iets" sal gebeur, hy bly hoop dat daar 'n uitkoms is, wat dit dan ook mag wees.
Dit is natuurlik ook nogal ironies dat "Elsa" die een is wat 'n vlammetjie onder haar "gevrekte" genote hou. 'n Karakter wat herinner aan die Suid-Afrikaanse skrywer wat bekend is vir haar reisromans, Elsa Joubert. As dit nie vir haar koms was nie, sou Ruud beslis nog op hierdie eilandjie vertoef het. Haar woorde, gesprekke en die manier waarop sy vir Johan uitlok bring die leser tot nadenke. Dit is alles goed en wel om 'n verhaal te skryf oor drie mense wat op 'n eiland woon. Die vierde persoon is egter die een wat vir 'n bietjie opwinding sorg, sy is die een wat hulle huidige omstandighede (met rede!) bevraagteken.
Dis 'n boek wat die moeite werd is vir diegene wat eensaam is. Vir diegene wat ons bestaan hier op aarde bevraagteken. Schoeman skryf nie voor nie, en preek ook nie. Hy laat 'n mens net wonder en help jou om met jou eie antwoorde vorendag te kom.
Dralerig. Drie selfgesentreerde jongmense en een wat nie so is nie vorder stadig deur die warm dae van hulle tyd op 'n Griekse eiland in die hoogsomer. Raai wie is amper die slagoffer van hierdie groepie.