Jump to ratings and reviews
Rate this book

Klara

Rate this book
Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die Witlokasie moes gaan woon, toe was alles verby. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. En ná hoeveel jaar ook los van Hannes aan wie haar hart verbind geraak het soos ’n lusernland aan ’n leivoor. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat Klara agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is ’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Onheilig snaaks maar ook hartverskeurend. Dis nie aldag dat ’n mens jou só kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

268 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2013

2 people are currently reading
13 people want to read

About the author

Mariël le Roux

8 books5 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
19 (30%)
4 stars
31 (49%)
3 stars
10 (15%)
2 stars
3 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Julia.
569 reviews19 followers
January 21, 2021
dis die einde van die jaar en lyk my ek kry my mojo vir lees terug. ek sukkel geweldig met konsentrasie, en is so spyt dat ek so min kon lees hierdie jaar, maar bly om te se dat ek hierdie boek in 'n paar dae kon lees. dis 'n goeie teken !!

wat 'n boeiende storie ... ek het dit nou baie geniet. die skrywer skryf lekker gemaklik en die storie vloei. haar beskrywings van die mense van die plaas en die mense van die wit lokasie en die omgewing het gemaak dat ek alles voor my kon 'sien'. goeie karakters en 'n goeie storie - wat 'n mens wil laat huil en dan weer laat lag.
Profile Image for Adri Visser.
4 reviews2 followers
November 19, 2017
Werklik 'n hartroerende storie. Al die lief en die leed en Mariel Le Roux se beskrywings en gebruik van woorde vir gesprekke is so eg Bolands dit gee mens skoon heimwee.
Profile Image for Sonja.
67 reviews
October 12, 2024
Dit was 'n hartseer en snaakse boek terselfdertyd. Ek het dit baie geniet, veral die sêgoed van die Bolandse mense, so eg aan hul.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.