Jump to ratings and reviews
Rate this book

Ewebeeld

Rate this book
Lanie besef sy is haar wettige man se gevangene en dat sy vorige twee vroue dit voor hulle dood ook was. Haar man se afskuwelike plan met haar en die glaskunstenaar wat opdaag, word ook duidelik.

509 pages, Kindle Edition

First published November 1, 2014

9 people are currently reading
47 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books142 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
36 (38%)
4 stars
32 (34%)
3 stars
21 (22%)
2 stars
4 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 17 of 17 reviews
Profile Image for Julia.
569 reviews19 followers
August 22, 2019

jinne, wat 'n storie !! en dis heerlik dat die boek so lekker dik is, nie 'n ou dunnetjie wat 'n mens te vinnig deurlees nie.

ek het eers gedink, nee wat - die storie is nie vir my nie, maar ek sal aanhou lees. ek is nie een vir liefdesstories nie. veral nie as 'n mens sommer aan die begin al weet wie op die ou einde by mekaar gaan opeindig nie. alhoewel 'n mens dit in hierdie boeke van chanette weet, pla dit nie, want die stories tussenin is so goed en opwindend, dat ek nie kan ophou om haar boeke te lees nie.

hierdie spesifieke storie het te onwaarskynlik en vergesog geklink, maar op die ou einde is dit my gunsteling boek in die reeks. ek het tot 2 uur vanoggend gelees, want dit was darem net te spannend gewees.

#ekleeslapa
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
July 26, 2015
Nog 'n uitstekende boek van 'n meester storieverteller. Chanette het 'n manier om 'n karakters so uit te beeld dat jy jouself in die karakter se skoene kan plaas(en verloor) dat elke emosie en ervaring eie word met jouself.
7 reviews
August 19, 2019
Ongelooflik! Op die punt van jou stoel tot aan die einde! Weereen vir Jojo geniet!
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
January 6, 2015
Chanette Paul is nie verniet 'n gewilde en geliefde skrywer nie. Van haar verwag die leser eg menslike karakters waarmee jy kan identifiseer, 'n stewige, onvoorspelbare plot en flytige woordspel. Sy vervleg verskeie sprokies (soos Bloubaard) en verhale uit die mitologie met groot sukses in Ewebeeld. Ek het die uitbeelding van huishoudelike mishandeling (fisies sowel as emosioneel), die aftakeling van 'n vrou en die swaarkry proses van heling en die hertoe-eiening van jou eie waarde, menswees en vrouwees baie realisties gevind. Ewebeeld is een van daardie boeke waardeur jy blitsig lees en daarna spyt kry dat jy die leesplesier nie langer uitgerek het nie.
Profile Image for Deidre.
2 reviews3 followers
December 8, 2014
Was n fantastiese boek. Het my geboei tot op die laaste bladsy. Storie was uit die boonste rakke. Kan nie wag om my volgende Chanette Paul boek te verslint nie.
8 reviews1 follower
November 16, 2014
Interessante omgewings het tema van gevangenskap & vryheid goed beklemtoon. Diep en duidelike karakters. Spannend!
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
November 1, 2015
Chanette Paul boek = Wenner. Chanette het die vermoë om die leser in te trek en vasgenael te hou, tot die laaste bladsy.
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
August 30, 2017
Uiteindelik kan ek saampraat oor die dawerende sukses wat Ewebeeld was toe dit in 2014 uitgegee is, en in 2015 herdruk is. Ludolf von Fürstenberg se karakter en optrede word donkerder soos die verhaal ontplooi, terwyl die nagmerrie waarin Lanie en Roux hulself bevind, dieper en meer hulpeloos word. Tot so ’n mate dat ek nie kon voorsien hoe Chanette Paul die karakters uit die web van bedrog, manupilasie en moord gaan losskryf nie. Ek het telkens byna uit die oog verloor dat dit fiksie is, want landsgebeure is soomloos met die storie vervleg. Jojo en Dorea is sulke plat-op-die-aarde karakters, dat mens eenvoudig van hulle moet hou.

Aan enige ander wat nog voor die kraal huiwer, sluit so gou moontlik by hierdie agteros aan; dit is absoluut die ure werd wat jy aan Ewebeeld gaan spandeer. en gaan klaarblyklik die lees van Paaiboelie komplimenteer.
4 reviews
August 23, 2020
Jitte hiedie boek was een van daai wat jy vet weet nie kon voorspel wat volgende gaan gebeur nie...nes jy dink jy weet iets "thicken the plot even more"
Eerste boek wat ek lees van Chanette..verseker nie my laaste nie.
Profile Image for France Du Plessis.
13 reviews
January 20, 2024
Lanie sonder van is een van die moedigste vroue wat bly vasklou aan haar moontlike vryheid, eendag! Dan is die geleentheid daar, maar sy moet harder as ooit veg vir haar lewe. En vir die van Roux. En absoluut niks kry haar onder nie.
Profile Image for Jackie Steyn.
9 reviews
December 31, 2014
Ek het gesukkel om aan die gang te kom, vasgehak by bl.114. Het makliker gegaan teen die einde.Niks van die Ludolf karakter gehou van die begin van die boek nie.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
March 17, 2017
Wow!
Elke keer verras Chanette my net meer en meer.
Ek het Ewebeeld vreeslik baie geniet en dit was boeiend van begin tot einde. Ai en ou Jojo met haar Comfortjies bly so na aan my hart.
Displaying 1 - 17 of 17 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.