Huge thank you to Lapa Uitgewers for providing me with a free copy in exchange for an honest review of this book. The book is in Afrikaans so I will review it in Afrikaans.
CW: Homophobia, Violence, Suicide, Dehumanising Slur
Ek gee hierdie boek 'n 3.5/5 ster. En ja, dit klink dalk bietjie laag, maar dit is eintlike glad nie! Daar is rede hoekom ek nie die boek 'n volle 4 ster kan gee nie, maar ons kom later daarby uit.
Ek wil eers begin om te se hoe belangrik dit is dat hierdie boek bestaan, en hoe belangrik dit is dat nog meer geskryf word. Spesifiek vir Suid Afrikaanse kinders en jeug. Al het hierdie boek 'n lang ruk terug uitgekom, is ek teleurgesteld om te vind dat hy amper die enigste een van sy soort is vir jong mense wat in Suid Afrika afspeel met ons kultuur en omgewing. Die rede hoekom die boek 'n ster verloor het, is omdat ek wou he die storie moes meer diepte he. Die boek is baie kort, en dit los min plek om rerig diep in Brent se karakter te delf, en sy volle ontwikkeling to ervaar. Ek het ook gevoel dat die einde nogal kortaf was. Maar ten spyte, het ek die storie baie geniet. Die ervaringe van 'n gay seun in 'n Afrikaanse Hoerskool was redelik akuraat. Ek was in amper presies dieselfde posisie as Brent (net ek was nie gewild nie, en ek speel nie sport nie). Maar ons het onself in soortgelyke omgewings gevind. En so ver as wat my kennis strek is Fanie Viljoen nie gay nie, hy het wel sy narvorsing mooi gedoen, maar ek het gevoel dat party goed bietjie "textbook" was of dat daar goed is wat ek en baie ander ervaar wat die boek nie eens opgebring het nie. Maar dit het nie weg gevat van die storie, ek wens net daar was meer karakter oomblike en ontwikkeling. Ek dink die storie is wel baie belangrik, en daar was talle oomblikke in die boek wat my terug hoerskool toe gevat het. Veral met Kevin se karakter, ek het 'n soortgelyke vriend gehad in hoerskool.
Ek dink die boek is baie belangrik omdat die 'n eerlike boek is. Dit probeer nie queer mense goed of sleg laat lyk nie maar se net, ons bestaan , en maak nie saak wat jy glo of doen nie ons gaan nogsteeds bestaan. Al se die Bybel wat ook al, en al glo jy wat ook al oor queer mense, ons is hier. Veral as jy 'n jong tiener of kind is, het jy al die ondersteuning nodig van jou familie en vriende want dit is nie maklik nie, al is daar baie vordering gemaak vandat die boek uit is tot nou, is dit nogsteeds nie maklik nie. Ek dink die bookskap wat die boek oordra is baie belangrik vir almal om te weet. Ek het baie van die laaste paar paragrawe gehou, maar ek wou meer he daarna. Ek het verder ook die hulpmiddles agter die boek baie waardeur, en ek dink dit sal vir bair jong queer Suid Afrikaanses kinders hulpsaam wees!
Ek is baie bly ek het die voorreg gehad om die boek te lees, baie dankie aan Isak van Lapa uitgewers daarvoor.
Ek hoop dat meer boeke sal uitkom wat deur queer Suid Afrikaaners geskryf is in die toekoms, en dat ons aanhou sulke positiewe vordering maak in Suid Afrikaans literatuur en media. Representation is IMPORTANT.
Ek sal hierdie boek sterk aanbeveel, dit is 'n belangrike een.