Laverne Rieckert vertolk die rol van die verleidelike Gabrielle. Hierdie laaste taak vir die geheime diens kan help om haar man se moordenaar vas te trek. Sy bedrieg vir Alain Picault om haar doel te bereik en verdwyn.
Alain spoor haar egter op en as terugbetaling vir die wyse waarop sy hom bedrieg het, dwing hy Laverne om ’n tydperk op sy privaat eiland deur te bring. Hulle vriendskap raak al hegter en sy besef sy het gevoelens vir die sjarmante Alain ontwikkel. Toe daag die beeldskone voormalige model Domini op die eiland op en verkondig openlik dat Alain haar trouman is. Laverne vlug met ’n gebroke hart terug huis toe en hervat haar lewe met die wete dat haar geliefde Alain ver buite haar bereik is. Of het sy haar weer eens met hom vergis?
Laverne sukkel nog om met haar man se dood vrede te maak en om kop bo water te hou wanneer 'n geleentheid hom voordoen om die moordenaar vas te trek. Sy moet net nog een keer 'n rol in die Diens vertolk. Haar merk, Alain, is egter baie meer as wat sy verwag en wanneer sy hom bedrieg om Rodolfo aan te keer, voel sy hoe iets in haar binneste teenskop. Maar Alain sal haar weer net so vinnig vergeet, so glo sy. Teen alle verwagtinge in spoor hy haar op en dwing haar om 'n tydperk op sy privaat eiland deur te bring as straf, selfs al is dit 'n droomvakansie in die paradys. Hy het haar egter as Gabrielle leer ken en Laverne is nie so seker hy ken die verskil nie. Sy kan hom ook nie presies peil nie. Wat is sy ware gevoelens jeens haar? Boonop daag Alain se vriendin, Domini, op en maak dit duidelik dat hy aan haar behoort. Eilandvuur is 'n lekkerlees, aksievolle ontspanningsverhaal wat jou boei van begin tot einde en laat droom van wit strande en wuiwende palmbome. Dis absolute leesgenot.
Laverne Rieckert vertolk die rol van die verleidelike Gabrielle. Hierdie laaste taak vir die geheime diens kan help om haar man se moordenaar vas te trek. Sy bedrieg vir Alain Picault om haar doel te bereik en verdwyn. Julle moet die boek lees om te weet wat verder gaan gebeur...