Jump to ratings and reviews
Rate this book

Losprys

Rate this book
Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê.Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister.Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.

392 pages, Kindle Edition

First published October 1, 2018

14 people are currently reading
51 people want to read

About the author

Martin Steyn

12 books52 followers
[English version follows below ...]

Martin Steyn het begin skryf as gevolg van Stephen King. Nadat hy The Dark Half gelees het, was hy selde sonder ’n boek met Stephen King se naam voorop. En toe tel hy ’n potlood op en skryf ’n storie van sy eie. ’n Paar jaar later het reeksmoordenaars hom na die misdaadgenre toe gelok. Dit het Steyn gefassineer dat hierdie mans vreemdelinge vir hulle plesier jag en hy het begin om boeke oor Jeffrey Dahmer en Andrei Chikatilo te lees, terwyl hy die plaaslike koerant dophou vir berigte oor ’n reeksmoordenaar wat die liggame van jong seuns tussen die duine los, skaars 30 km van Steyn se huis af.

Hy het Sielkunde en Kriminologie deur die Universiteit van Suid-Afrika studeer, en ’n honneursgraad in eersgenoemde verwerf. Daarna het hy reeksmoordenaars en profielsamestelling in erns bestudeer en dit opgevolg met navorsing oor misdaadondersoek in Suid-Afrika. Tussendeur het hy ook sewe artikels oor Suid-Afrikaanse misdade vir die Crime Library geskryf, onder meer oor die reeksmoordenaar Moses Sithole.

In 2014 word Steyn se eerste misdaadroman, Donker Spoor, deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Die volgende jaar word dit met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur bekroon, en in 2016 ontvang Skuldig dieselfde toekenning.

Steyn heg groot waarde aan realisme en wanneer hy nie voor sy rekenaar sit nie, is dit baie moontlik dat hy by ’n speurder of forensiese deskundige is. Dit herinner hom telkens dat dit gewone mense is wat die stryd voer om geregtigheid te kry vir dié wie se laaste hoofstuk in ’n moorddossier neergeskryf word.

--

Martin Steyn got into writing because of Stephen King. After reading The Dark Half he was constantly lost in one of King’s worlds until, one day, he picked up a pencil and wrote a story of his own. A few years later, serial killers got him into crime writing. Fascinated by how these men came to hunt strangers for pleasure, Steyn began reading books about Jeffrey Dahmer and Andrei Chikatilo, while scanning the local paper for reports on the serial killer dumping the bodies of young boys in the dunes a mere 30 km from where Steyn lived.

He studied Psychology and Criminology at the University of South Africa, obtaining an honours degree in the former. Then he studied serial killers and profiling in earnest, following it up with research into the investigation of violent crime in South Africa. He also wrote seven articles about South African crimes for the Crime Library website, including one about the serial killer Moses Sithole.

In 2014 Steyn’s first crime novel, Donker Spoor, was published in Afrikaans by LAPA Publishers. The next year it was awarded the ATKV’s “Woordveertjie” for Suspense Fiction. In 2017 the English version, Dark Traces, followed, receiving a starred review from Kirkus.

Steyn places a premium on realism and when not behind his PC, can often be found questioning a detective or forensic expert, a constant reminder that it is normal people who fight to get justice for those whose final chapter ends up being written in a murder docket.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
39 (36%)
4 stars
44 (41%)
3 stars
18 (16%)
2 stars
2 (1%)
1 star
4 (3%)
Displaying 1 - 16 of 16 reviews
Profile Image for Coenraad.
807 reviews43 followers
January 4, 2022
Al is dit oor, is dit nie oor nie.

Dit is ’n uiters belangrike element, nie alleen van die struktuur van Martin Steyn se nuutste spanningsverhaal nie, maar ook van die strekking daarvan.

Die kenmerke van Steyn se vorige romans is weer teenwoordig: die komplekse plot, die uiteenlopende karakters wat met soveel deernis uitgebeeld word, die deeglike navorsing en die meevoerende gebeure wat meermale byna ongemerk oploop tot klimaktiese tonele. In Enzo Ariefdien en Karla Blanckenberg skep Steyn twee nuwe karakters in sy wêreld van wie ’n mens meer sal wil hoor: hoe gaan hulle werk met hul eie innerlike bagasie?

Wat my in Losprys opval, is enersyds die variasie van kulture en tale, en andersyds die taalgebruik.

Selfs al voel Steyn in sy outeursnota dat dit vals voel om onder meer die Amerikaanse karakters se dialoog in Afrikaans weer te gee, verkies ek dit so: as ek ’n Engelse krimi wil lees, dan sal ek. Tog is daar sinvolle gebruik van Engels om te karakteriseer, asook stukkies dialoog in isiXhosa, en selfs Portugese woorde (wat verkieslik blykbaar nie in beleefde geselskap gebruik moet word nie!).

Steyn se beskrywing knetter met kostelike uitdrukkings en vergelykings: van die humoristiese (‘Zaphalala hanteer haar humorsin soos ’n stel goeie koppies ...’) na die poëtiese (‘Die irisse is die kleur van ruolie ....’) na die skrynende fokus van die verhaal (‘Want die kinders raak mos maar weg hier. Hulle waai hier op die Vlakte rond soos Pick n Pay-sakke.’)

Natuurlik wil ek so min as moontlik sê oor die gebeure: die leser moet Steyn self volg deur al die narratiewe kronkels en draaie. Die enigmatiese ontvoering van ’n tienerseun uit die rykmansbuurt Llandudno is maar net die begin van ’n spannende week vir die betrokke karakters. Storievrate soos ek sal nie so lank neem om die boek klaar te lees nie: jy word gedwing om uit te vind waar die storie uitkom. Die meesterlike Steyn sleur jou eenvoudig (weer eens!) mee.

Maar soos ek aan die begin gesuggereer het: die einde is nie altyd ’n slot nie. Soms is dit nie eers ’n sleutel (soos Van Wyk Louw dit wou hê) nie.

Martin Steyn’s fourth novel is yet again a compelling narrative that forces the reader to rush to the end - even though the end is not a finality. The abduction of the fifteen year old son of a rich Llandudno family sets the ball rolling and allows the writer to not only create engaging new characters from a variety of cultures and language groups, but also to address topical issues. The details of his description entertain and move one alternatively. But enough said: get the book and start reading!
Profile Image for Amelia Strydom.
Author 10 books58 followers
December 22, 2018
Martin Steyn skryf net al beter! Soos sy vorige boek, Swartval, handel Losprys oor 'n ontvoering. In eersgenoemde het Martin bewys dat hy 'n broeiende sielkundige riller kan skryf (en dit dêm goed kan regkry om in 'n vroulike karakter se kop te klim); in laasgenoemde dat hy 'n sy lesers kan meesleur in 'n naelbyt wedloop-teen-tyd. Nie dat sielkundige intrige in Losprys ontbreek nie: daar word diep gedelf in die psige van verskeie karakters, selfs die slagoffer, Steven, en die "baddie", wat allesbehalwe eensydig is.
Soos altyd is Martin se karakterisering sterk. Ek het veral aanklank gevind by adjudant Karla Blanckenberg, die hoofonderhandelaar, en
adjudant Enzo Ariefdien, wat verskeur is tussen sy veeleisende werk en sy gesin, sy verpligtinge teenoor die seun van skatryk Amerikaanse immigrante en sy eie dogter.
Losprys is 'n adrenaliengedrewe spanningsverhaal, maar dis ook soveel méér. Dit lewer sosiale kommentaar en vra vrae waaroor ek steeds nadink dae nadat ek die slotparagraaf gelees het. Die ruimte word so helder geteken dat mens die kontraste duidelik voor jou geestesoog kan sien: die Amerikaners se miljoenerswoning teenoor hul tuinier se shack in die nabygelee plakkerskamp, die sekuriteitswagte in Llandudno teenoor die Kaapse Vlakte se bendes, die naarstiglike soektog na Steven teenoor die halfhartige, byna apatiese, pogings om kinders van die Kaapse Vlakte te vind.
My enigste kritiek is dat die slot ietwat gejaag gevoel het. Nietemin het ek Losprys vyf skitterende sterre gegee op Goodreads en sien ek geweldig uit na Martin se volgende boek.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
October 15, 2018
Almal ken seker klaar die boek se sinopsis - die seun van 'n ryk Amerikaanse familie in 'n gegoede buurt naby Houtbaai word ontvoer en vir 'n losprys aangehou. Die storie word hoofsaaklik rondom onderhandelaar Karla Blanckenberg en een van die ondersoekbeamptes, Adjudant Enzo Ariefdien gebou.

Blanckenberg en Ariefdien het altwee hulle eie probleme. Sy word getreiter deur onder andere die spook van 'n onlangse mislukte gyselaaronderhandeling wat in 'n familiemoord geëindig het, terwyl Ariefdien se werksverpligtinge hom met 'n verbrokkelende huwelik en 'n dogtertjie wat smag na haar pa se aandag gelos het.

Boonop is daar iets aan hierdie ontvoering wat nie lekker sit nie. Iets persoonliks wat Ariefdien en sy kollegas in 'n wedloop teen tyd moet ontrafel, terwyl Blanckenberg en haar span moet probeer om die ontvoerder te paai en onder beheer te hou. Meer as dit gaan ek nie verklap nie.

Martin Steyn se karakterisering en dialoog is weereens uitstekend, en ek kon die mense in my kop hoor praat. Jy geniet hierdie karakters, jy raak geheg aan hulle en op 'n amper ongesonde vlak betrokke by hulle probleme en uitdagings.

Die enigste kritiek wat ek kan lewer is dat van die opsporing en onderhoude met potensiële verdagtes (net soos in die skrywer se eerste boek, Donker Spoor) die spoed van die storie by tye 'n bietjie breek.

Losprys is egter 'n fantastiese boek (ek was so geboei dat ek nie eers daarby uitgekom het om die area met Google Maps te verken soos ek lees nie) wat die wag werd was.
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
October 31, 2018
Martin Steyn weet hoe om stem te gee aan dié wie se storie nooit vertel word nie. En hy sny behendig na aan die been. My hart bloei vir Adjudant Ariefdien en Karla Blanckenberg.

Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
November 9, 2018
Martin Steyn plaas sy leser midde een van die smeulpotte in Suid-Afrika, en met soveel eerlikheid dat mens deurentyd die gevoel kry dat hierdie net sowel ’n ware verhaal kon wees. Die skerp kontras tussen die omstandighede en die mense van Mitchells Plain en omstreke, en dié van Llandudno, die bendes, die tienerswangerskappe, en helaas, kinders wat wegraak, kom krap aan ’n mens se gemoedsrus. Deur die oë en woorde van adjudant Enzo Ariefdien kry die leser ’n nugtere kyk in die lewe van polisiebeamptes: "’n Poliesman is ’n cleaner. Ons kom met ’n mop en maak skoon so goed ons kan ná een mens ’n ander een besteel het, aangerand het, of in ons geval, vermoor het. En ons kan nie altyd die vlekke uitkry nie." (Bl. 251)

Die ontvoeringsaak wat die laaste bietjie hoop vir Ariefdien se gesinslewe kom steel, en wat vir onderhandelaar Karla Blanckenberg ’n ontstellende terugslag inhou, word opgelos, maar aan die einde van digby vier honderd spanningsvolle bladsye, kon my kop nie klaarkry met die karakters en hulle probleme nie. Die noot waarop die verhaal eindig, strook heeltemal met die ontsetting van die realistiese storielyn.

Ek vind dit altyd interessant om aan die einde van ’n boek die skrywersnota te lees. In hierdie geval gee dit goeie insig in die proses en rolspelers wat bygedra het om ’n spanningsverhaal van formaat te lewer. Hierdie is Martin Steyn se vierde misdaadriller, en ek kan heeltemal begryp waarom hy reeds twee maal ATKV-Woordveertjies verwerf het. Ek het daarvan gehou dat kru taal oordeelkundig tot die nodige beperk is, en hy is ’n woordkunstenaar wat ’n toneel lewe gee, soos lig wat by ’n paar vensters "insukkel" en Radoxwurms wat tot skuim oplos. 

Ek wil glo dat misdaadlesers reeds begin uitsien na die volgende uit sy pen.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
October 22, 2018
Dit is só goeie resensie deur De Wet Theron, dat ek nie weer ‘n klomp goed gaan herhaal nie. Ek stem saam met die uitstekende dialoog en karakterisering. Dit is ook duidelik dat Martin weer baie tyd aan die navorsing spandeer het.
Ek geniet dit altyd as skrywers werklike plekke in hulle boeke gebruik; so gaan ek beslis ‘n draai maak by Truth Coffee sodra ek weer in Kaapstad is.
En soos De Wet, hoop ek ook ons hoef nie weer twee jaar te wag vir die volgende boek nie!
Profile Image for Zelda.
Author 13 books33 followers
July 7, 2019
Elke boek wat Martin Steyn skryf, is beter as die vorige een. Hierdie is dus my gunsteling sover!
Profile Image for Carolien.
1,071 reviews139 followers
May 30, 2020
Nog 'n uitstekende boek deur Martin Steyn. 'n Tienerseun van ryk Amerikaanse ouers word ontvoer in een van die vooraanstaande buurte van Kaapstad. Die motief is onduidelik en dit neem deeglike speurwerk en bietjie geluk om die ontvoerder te identifiseer. Dis egter die persoonlike lewens en ryk beskrywings wat die boek 'n algehele plesier maak om te lees. Ek hoop Martin Steyn is hard aan die skryf aan sy volgende boek.
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
November 18, 2018
Losprys is Martin Steyn se vierde boek. ‘n Kind word ontvoer. Die ondersoekbeampte verkies moordslagoffers. Hy wil nie verantwoordelik wees vir ‘n kind se lewe nie. Die ontvoerder het ander motiewe as net die geld.

Martin Steyn het weereens ‘n boeiende verhaal geskryf. Die karakters is lewensgetrou.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
November 3, 2018
Ek het al Martin se vorige boeke gelees maar ek moet se met Losprys was ek baie teleurgestel.
Profile Image for Walton.
209 reviews5 followers
November 20, 2018
First book I've read in Afrikaans since high school! Loved it. Afrikaans crime fiction is definitely a thing. Watch out scandinoir.
Displaying 1 - 16 of 16 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.