Jump to ratings and reviews
Rate this book

Tik

Rate this book
Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemane hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom. Wat is Charlie se verhaal? Hoe hou dit verband met die een lyk na die ander wat in die Vaalrivier afgedryf kom? Eers toe Kat net-net daarin slaag om te keer dat Charlie self in 'n watergraf beland, begin iets van die misterie Die kultusleier van Vrede oefen sy mag uit deur jong kinders gyselaar te hou. As hulle nie gou speel nie, sterf 'n seun. En as hý reeds dood is, het hulle nou ook vir Baby!

315 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2012

4 people are currently reading
20 people want to read

About the author

Piet Steyn

4 books5 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (23%)
4 stars
18 (42%)
3 stars
13 (30%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (2%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,238 reviews7 followers
April 20, 2022
Dis altyd sooooo lekker om Afrikaans te lees, en nog meer so op ‘n koue lang naweek.

Ek moet erken ek verkies my misdaad stories met ‘n tikkie meer humor en minder stereotipiese karakters maar die storie het opgemaak daarvoor.

Vol sektes, drugs en groot snorre.
Profile Image for Christina Rothfusz.
971 reviews26 followers
April 28, 2022
Ek het nog nie die vorige boeke in die reeks gelees nie, maar die een staan goed genoeg op sy eie.

'n Goeie speurverhaal met kleurvolle karakters en 'n interresante storie.

Die einde het effe kort geknip gevoel maar andersins maklik gelees

Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.