What do you think?

Die dao van Daan van der Walt
Toe Daan van der Walt, ’n eerstydse Kalahari-boer, ’n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by ’n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het. In Die Dao van Daan van der Walt word die Afrikaner-dilemma in die moderne lewe met ’n fyn lem oopgevlek. “Hierdie boek behoort ’n golf deur Afrikaanse letterkunde te stoot.” – Frederik de Jager
428 pages, Kindle Edition
First published January 1, 2018
Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 30 of 35 reviews
April 29, 2018
Toe ek begin lees aan Die Dao het ek gewonder of dit regtig my tipe storie is, maar toe trek Daan en sy Dao my in en laat my nie los nie. Die anonieme skrywer gebruik die mees verruklike taal en skryf mens in 'n verliefdheid in op hom. Ek wil net graag 'n paar van sy mooiste dele hier aanhaal.
"Maar laat ek vir jou mooi vertel: die Here kom in stilte. Lawaai, en Hy vlieg by die kerk se vensterrame uit, weg van die aarde af reguit terug hemel toe. Geen wonder ál meer mense dink God is dood nie. God is nie dood nie, Kaspaas, Hy is met rumoer die kerk uit geboender."
"Die gras langs die voetpaadjie na die begraafplaas was nat teen my enkels, jou snoet klam in my hand. Die hemel so helder daardie nag, die uitspansel so naby, ek moes koes of ek het my kop teen 'n ster gestamp. By die begraafplaas se hekkie het ek gaan staan, opgekyk en geluister hoe die Here tussen die sterre asemhaal."
"Die maan sit soos 'n klont plaasbotter bokant die sipresse langs die kerkhof."
"Ouderdom is 'n ongeneeslike siekte. .... sukkel ek om 'n ander woord vir beledig te kry. Dit was asof ek in 'n leë wit-uitgekalkte kamer in my brein na die regte woord soek. Mens raak bekommerd as die ouderdom jou woorde begin steel. En jou geheue."
Oor Daan se Dao en oor sy storie, sy optekening van sy lewensgeskiedenis, kan ek nie veel sê sonder om te veel van die verhaal weg te gee nie. Dis 'n verhaal vol patos vir 'n ou man wat uiteindelik sy plek in sy eie lewe vind en vrede maak daarmee. Ek vermoed hierdie is 'n eerste in baie opsigte in die Afrikaanse taal. Ek het die boek toegemaak met 'n gevoel van ootmoedigheid in my vir die mens en die vlietendheid van sy dae.

September 24, 2019
"Ek moes gereeld deurloop onder die aanslag van woorde soos diskoers (haar woorde vir geklets), metafiksie ('n storie waar die skrywer sy naeltjie losskroef) en intertekstuakliteit (waar skrywers met hulle maatjies se naeltjies peueter)."
3.5 sterre. Ek dink Die dao van Daan van der Walt doen vir SA mans wat Kantelpunt vir SA vrouens gedoen het. Dit kyk lank en hard na al die moets en moenies wat ons onsself ople, en probeer om dan daardeur te breek na 'n plek waar ons vrede met onsself en ons geskiedenis het.
Die roman is briljant geskryf, maar ek het soms bietjie oorweldig gevoel met die magdom inligting ingesluit. Definitief die moeite werd as jy iets wil lees wat jou uit jou gemaksone sal neem en jou baie stof tot nadenke sal gee.
May 6, 2019
Hierdie boek het my ingesluk, opgeklits, my hart gebreek en hom weer heelgemaak. Daan is een van my gunstelingkarakters ooit. 'n Ernstige, soms hartbrekende verhaal wat my aan die glimlag gehou het. As jy 'n bietjie pitkos soek, hoef jy nie verder as Daan te soek nie.
July 8, 2018
Ongelooflik, skokkend, brutaal eerlik, diep, uniek, ‘n moet lees.
Definitief nie ‘n herhaal van enige ander boek of storie wat nou mode is nie.
Dit is ‘n rou, eerlike storie van ‘n diep mens met ‘n ongelooflike kennis van musiek, letterkunde, godsdiens en vele ander fasette van die lewe wat homself leer ken en vrede maak daarmee op sy eie tyd en manier.
Dit is natuurlik ‘n bonus dat hy sy verhaal vertel aan Kaspaas, sy geliefde hond wat nie meer met hom is nie, die band tussen mens en dier word skitterend uitgebeeld.
Lees met ‘n oop gemoed en beleef, leer en groei saam met Daan in jou denke en uitkyk op die lewe.

August 25, 2018
Hierdie boek het my wind heeltemal uitgeslaan. Die eerste 10%, kon ek nie verstaan waarom almal dit so aanprys nie, al was daar wonderlik poëtiese stukke. Die man het net 'n manier met woorde. Algaande het die boek my dieper en dieper ingetrek en ek het al hoe stadiger begin lees, te bang dit raak op. Dit raak jou menswees net op soveel vlakke.
Ek gaan eers 'n paar ligter boeke lees en dan weer die Dao vat. Eers na 'n tweede en derde lees sal ek my amper bevoeg ag om my mening te gee.
Ek gaan eers 'n paar ligter boeke lees en dan weer die Dao vat. Eers na 'n tweede en derde lees sal ek my amper bevoeg ag om my mening te gee.
December 7, 2019
‘n Boek wat ek vir my jonger self sou wou skryf in my bejaarde lewensjare. Dankie, Andries Buys, dat jy hierdie boek geskryf het wat ek op 25 kon lees. Ek wil dit soos Gideonsbybels uitdeel en gaan dit aan my pa pos.
December 26, 2020
Dit is ‘n uitstekende stuk skryfwerk met uitsonderlike taal en woordgebruik.
Die storie handel oor n bejaarde boer wat n reis aanpak en probeer om genesing te vind vir letterlik miljoene kwessies in sy lewe.
Sy reis is hartverskeurend en meesleurend en by tye hilarious asook onaangenaam en ietwat pervy.
Die middelste deel wat handel oor n plaasaanval het my fisies naar gemaak, maar dit was verskriklik goed vertel - en die hoogtepunt na my mening.
Ek was hier na die einde van boek ietwat geïrriteerd met die klomp “tai ji”-stories en chinese geskiedenis stukke.
Die boek is te lank, maar die laaste hoofstuk het die spul weer mooi saamgesnoer.
Dit is volgens my nie n must read nie.

December 2, 2018
“Die Dao van Dan van der Walt” – ‘n algehele leesplesier wat gaan oor die self-ontdekkingsreis van ‘n Kalahari - boer deur die rigiede Afrikaanse kerkleer binne die raamwerk van die Griekse en Romeinse mitologie, gekontrasteer deur die Chinese mitologie, voor hy op 70-jarige ouderdom tot berusting kan kom en deur berusting self-geluk. Niemand is te oud om te leer of te groei nie. Filosofies nabetragtend, in pittige en pragtig idiomatiese Afrikaans, waar die boer se liefde vir sy oorlede vrou en sy oorlede hond hartroerend omlyn word en wat ‘n network van sy verhoudings met ander mense soos sy seun, bure, plaashulp en vriende en die gemeente in die dorp in ‘n dig verweefde tapisserie uitrol. Met skreeusnaakse situasies om verskeie redes maar ook ontnugterend met ‘n verkeerde toepassing van geregtigheid wat deesdae in ons land plaasvind. Die boek laat my lag en huil en elke paragraaf word proe-proe en dan kouend gelees. Die boek maal nou nog deur my kop. Beslis ‘n tweede lees werd en opnuut ‘n skitterende meesterstuk wat my aan Dickens se David Copperfield en John Irving se boeke herinner.
February 25, 2020
Daan van der Walt se lewe soos vertel aan sy oorlede hond en oorlede vrou.
Dit is haas onmoontlik om 'n boek soos hierdie, wat soveel aandag gekry het, pryse ingepalm het en grootskaalse gissing oor die ware identiteit van die skrywer ontlok het sonder enige vooroordele aan te pak. Ek het nie.
Aan die een kant het die boek se reputasie my laat aanhou lees deur 'n louwarm eerste derde. Aan die ander kant het ek op die ou end dalk bietjie meer verwag.
'n Mens raak mettertyd meer betrokke by Daan se storie. Daar is waarlik aangrypende gedeeltes, maar dan dikwels ook stukke wat maar redelik bar lê (ek het heelwat van die laaste gedeelte in China so ervaar en die boek het vir my op daardie stadium te lank begin raak met Daan wat homself miskien tot 'n mate te veel begin herhaal het).
So, hierdie is 'n verhaal oor 'n man wat op sy oudag met baie dinge moet vrede maak en homself op vele vlakke herontdek. Die skryfwerk is mooi, die humor skerp (alhoewel selfs dit taan in die laaste pylvak in China) en daar is vele interessante verwysings na mitologie, die Bybel, ensovoorts wat vir sommige lesers wel oorwedigend kan raak en die boek se spoed veral in die eerste helfte nogal breek.
Vir my, nie 'n sleg lees nie met die middelste derde die sterkste deel van die boek.

January 1, 2020
Nostalgies, brutaal, liefdevol en menslik. Pragtige Afrikaans
December 17, 2022
roerend. Die Dao van Daan van der Walt spoor ’n mens tot deernis aan, wyl dit steeds boeiend (teen ’n minder-as-haastige pas) en intellektueel uitdagend genoeg bly.
April 7, 2019
Hierdie debuutroman is een van die beste romans wat ek nog ooit gelees het. Die klaarheid (helder én voltooid) van die verhaal en die karakters, die rykdom van gegewens, die fassinerende blik op die lewe in China, alles boul 'n mens uit en ontroer en voer mee en doen alles wat 'n uitstekende verhaal moet doen. Dis amper jammer dat die skrywer se skuilnaam ontmasker is, maar nou ja: met al die pryse wat hierdie boek (welverdiend!) ingepalm het, kon hy ook nie meer skuilgaan nie. Watter verhale lê daar nog vir ons voor?!
This novel does everything a strong narrative text should: it beguiles and entices, shows fascinating characters and settings, allows the reader to experience complex relationships and circumstances, all in a fully convincing way and in language that reconfirms the power of Afrikaans as a literary tongue. One of the best novels I have ever read.

April 15, 2019
Briljant
May 21, 2019
Hoogtepunt van die laaste tien jaar se lees.
June 18, 2022
'n Ongewone meesleurende boek. 'n Man se reis om homself te ondek en vrede te maak met homself en die mense naaste aan hom.
April 8, 2023
Al is die hoofkarakter nogals 'n poephol, wil 'n mens graag hê hy moet 'n goeie lewe lei en die regte keuses maak. 'n Roerende boek met klomp interessante geskiedkundige feite en verhale.
November 27, 2023
Hierdie boek is so baie dinge. 'n Diagnose van ons kultuur, skerp en krities, maar ook genadig en sag. Dis tragies en optimisties. Dis menslik.
April 6, 2022
Het vir Daan verskriklik geniet. Die peppermint voor die wyn op die vliegtuig was al wat my gepla het.
November 29, 2022
ek kan aan geen ander woord dink as 'lekker' nie. wat 'n lekker boek. dit was anders en snaaks en ek het dit baie geniet.
February 10, 2020
Wat 'n wonderlike boek! Dit is nie maklik om te verduidelik wat presies dit is wat my geboei het nie, dit was net alles! Wel gedaan!
May 31, 2019
Ongewone storie wat jou meevoer vanaf die eerste hoofstuk. Die boek is ook insiggewend oor Chinese kultuur, Christenskap, homoseksualiteit en die blanke Afrikaanse man. Die storie bly jou by nog lank nadat jy die boek toegemaak het en die lig af gesit het. Ek kan dink dat dit juis ook die rede sal wees waarom sommige mense nie van die boek sal hou nie. Ekself hoop dat Lodewyk G du Plessis skryf gou weer n boek.
June 20, 2019
Hierdie boek het my geboei. Baie van die Latynse en litirere verwysings het natuurlik oor my kop gegaan maar die storielyn het my laat aanhou lees(saam met die wellus en sappige beskrywings). Die twee tonele van erge geweld was ontstellend maar tog werklik. Daan se knorrige teestribbelende oorgee aan n nuwe kultuur het my ontroer. Andries Buys is n intelligente en sensitiewe skrywer, n nuwe gunsteling van my
May 6, 2018
Bliksem!
September 1, 2020
Ek het hierdie boek ontsettend geniet. Dit is uitstekend en hoogs aan te bevele. Sekere dele is baie humoristies geskryf, ander ruk jou tot in jou siel. Daan sal altyd by my bly.
December 23, 2021
'n Mens se geestelike bestaan kan omskryf word as spiritualiteit. Baie van die verskillende gelowe,denominasies se waardestelsel is dieselfde: geloof,hoop,liefde en verdraagsaamheid. Die boek laat mens in nabetragting na jou lewe kyk en hoe jy paaie anders kon loop en soms wens mens as die lewe 'n weer doen funksie kan hê waar mens momente terug kan kry en dinge anders kon doen en die resultaat "anders"/beter wees. Elke mens laat voetspore in ander se lewe.Al hou jy nie voetspore nie of nie saam stem nie, laat die son op die voetspore skyn.Elke mens is uniek en het maar hul eie maniertjies
December 22, 2020
This has been my first Afrikaans book in a very long time. I've also not read much fiction in a long time. This book was recommended to me by a friend's mother - who urged me to read it. It was quite difficult in the beginning (Afrikaans and fiction compounded it), but after understanding the writing style of the book (the different letters, and 'flashbacks') it became very enjoyable. I also really enjoyed the homosexual themes inside the book. A beautiful story.
March 12, 2021
Ek het die luisterboek weergawe van Netwerk24, gelees deur Chris van Niekerk, geluister. Ek het die boek begin luister en gestop. Dit het nie na my tipe boek geklink nie. Maar iewers het Daan aan my siel getorring en het ek die boek verder geluister. ‘n Ongelooflike boek wat my met tye laat skaterlag en ander kere wat ek saam hartseer laat voel. Die boek is in die mooiste Afrikaans geskryf. Beslis ‘n moet lees- of luisterboek. Chris van Niekerk se voordrag van die boek is uitmuntend.
April 8, 2020
A masterpiece. In a beautiful metaphoric language the tale is told of an Afrikaans farmer, who was previously a lawyer. His struggles with his family relationships and gayness is honestly and colourfully portrayed.
August 19, 2019
Manjefiek!
April 3, 2020
A very interesting read. Not what you expect at the start.
Displaying 1 - 30 of 35 reviews