Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Malansusters #1

Die Erflating

Rate this book
Toe Adriaan Malan sterf, word die mat onder Adri uitgeruk – haar pa het sy beherende aandeel in AM Holdings aan ’n vreemdeling verkoop. Wouter Mouton word haar baas, en sy moet veg om professioneel en emosioneel staande te bly.

258 pages, Kindle Edition

First published October 17, 2013

10 people are currently reading
77 people want to read

About the author

Sophia Kapp

27 books52 followers
Ek het nêrens 'n aktiewe bio nie, buiten die een op die CV wat ek vir die staat moet gee as ek vir hulle wil werk, daarom sê ek liewer hier wat daar van my te wete is:

• Ek is ‘n tante, met alles wat dié term inhou – ‘n seer knie, ‘n geknakte rug, ‘n onverdraagsaamheid teenoor enigiets of -iemand wat my sielevrede versteur, ‘n immer groterwordende Weltschmertz en ‘n groeiende besef van my eie verganklikheid.
• My lewe is bitter vervelig. Ek werk 351 dae van die jaar. Die oorblywende 14 bestee ek aan die aktiewe afhandeling van my kluitklaplys. Want punt 1 hier bo.
• Ek is ‘n taalpraktisyn om den brode en ‘n skrywer om den sinne. Wat beteken ek redigeer en vertaal tekste om aan die lewe te bly en skryf stories om op my trollie te bly. Reis is die wortel wat die 351 dae die moeite werd maak. Want punt 1 hier bo.
• My liefdes is my kind en my honde.
• My rolmodelle is my ouers en grootouers.
• My helde is Bach en Langenhoven. En enige mens wat ten spyte van menslike swakhede en tekortkominge hierdie lewe na die beste van hulle vermoë oorleef.
• Musiek hou my geanker. My vriende hou my arms in die lug.
• Ek het sterk menings oor politiek, godsdiens, die Kerk, menseregte en professionele tsotsi’s wat hulle mag gebruik om mense wat op hulle vertrou te bedonner, maar ek voer nie gesprekke daaroor op sosiale media nie. Ek moet jou eers ken en weet dat jy weet hoe ‘n debat werk voor ek daaroor met jou gaan praat.
• Ek drink Earl Grey-tee met suurlemoen (op gewone dae), sauvignon blanc (op gewone spesiale dae) en Bollinger (op spesiale spesiale dae). Enige kos met stysel en/of suiker is die poort na die hemel. Cilantro is ‘n onkruid uit die donkerste dieptes van die hel.
• Ek skryf en lees romance novels omdat ek ‘n behoefte het aan omstandighede – al is dit dan nou fiktief – waar mense kry wat hulle toekom. Want punt 1 hier bo.
• Ek vloek. Vlot en gereeld, maar (hopelik) gepas vir die geleentheid. Nee, ek gee nie om as dit jou affronteer nie en nee, ek gaan nie verander nie. (My ma het in haar lewe gesê ek moet sê sy het my nie so grootgemaak nie, daarom sê ek dit nou hier ter wille van die vrede in die hiernamaals.)
• Ek glo dat ons te veel op ons verskille fokus en te min op dit wat ons deel. Die grootste ding wat ons deel, is dat ons almal op ‘n kol so verwoes was dat ons terugkyk en wonder hoe dit gebeur het dat ons nog hier is. Die oomblik wanneer ‘n mens dit besef, kweek jy die enigste eienskap waarmee hierdie wêreld kan genees – deernis.
• Daar is net een ding in hierdie lewe wat vir my heilig is: my persoonlike ruimte. Daarin bewaar ek my vrede, my vreugde, my vryheid en my heil. Ek beskerm dit verbete.

Daarmee volstaan ek. Enige ander inligting wat “daar buite” oor my rondsweef, vertrou jy op jou eie risiko.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
35 (31%)
4 stars
48 (42%)
3 stars
25 (22%)
2 stars
2 (1%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Carolien.
1,087 reviews139 followers
January 19, 2018
Adri Malan is die oudste van drie dogters en het haar lewe spandeer om aan haar dominerende wewenaar pa se verwagtinge te voldoen. In die proses het sy geleer om haar emosies weg te steek en baie min van haar persoonlike lewe en opinies met die wyer samelewing te deel. Sy het haarself verswelg in haar beroep as rekenmeester en op redelike jong ouderdom finansiele bestuurder van haar pa se uitgebreide besigheidsbelange geword.

Ten spyte van haar geweldige moeite om haar pa se goeie opinie te wen as sy verkose opvolger het hy die beherende aandeel van sy maatskappy kort voor sy dood aan Wouter Mouton verkoop. Adri moet nie net leer om haar veranderde omstandighede te aanvaar nie, maar haarself van nuuts af bewys as bevoeg in haar eie reg en nie bloot omdat sy die stigter se kind was nie.

Wouter Mouton het op die eerste oogopslag op Adri verlief geraak en moet hierdie ontoeganklike vrou probeer oortuig om hom te vertrou en 'n verhouding te oorweeg. Die vonke spat soos hulle mekaar beter leer ken, misverstaan en ontdek.

Hierdie is die eerste boek wat ek van Sophia Kapp gelees het en haar skryfstyl en komplekse karakters het dit 'n vreugde gemaak. Ek gaan dringend die res van die trilogie opspoor om voort te lees.
Profile Image for Michelle.
128 reviews
March 13, 2024
Die was nou net die ligte lees wat ek so nodig gehad het die afgelope paar dae.

Die Boek kry sommer 'n ekstra ster vir Wouter. Karakters met kleur. Ek kan nie wag om die res Malansusters te lees nie!
Profile Image for Karin Strydom.
52 reviews
May 4, 2024
Baie lekker Sophia Kapp - boek lees lekker maklik en vinnig en gaan deur as liefdesverhaal met ‘n paar kinkels.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
December 13, 2017

“Die erflating” is die eerste boek in ’n trilogie oor drie susters. Hierdie verhaal speel in Kaapstad af, waar Adri Malan finansiële direkteur is van haar pa se maatskappy. Wanneer hy sterf, hoor sy dat hy die maatskappy aan ’n vreemdeling verkoop het, sodat sy onverwags in iemand anders se diens is in stede daarvan om haar eie baas te wees.

In “’n Nuwe lente” is JC, Adri se suster, die hoofkarakter. Na die mislukking van ’n liefdesverhouding, begeef sy haar na ’n stranddorpie. Hier word sy gedwing om ’n strandhuis met die slonserige en ongeskikte Josua du Toit te deel.

“Waar die hart is” vertel weer van Idalette, die rooikop stiefsuster met ’n temperament om by haar hare te pas. Haar loopbaan as model is verby, haar huwelik is op die rotse en Charl Nienaber, wat in beheer is van haar erflating, laat geen twyfel oor wat hy van haar vermoëns as enkelouer dink nie.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.