Tydens Isa se wittebrood sterf haar man in ’n tsoenami op die eiland Phuket. By haar terugkeer loop sy die man raak wat haar lewe gered het. Maar skuldgevoelens en ’n gebrekkige geheue vertroebel haar lewe.
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in ‘n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Selfs die skryf van spanningsverhale help om van aggressie en frustrasies ontslae te raak, want die skurke word aangekeer en ry op die ou end aan die pen. Sy is 'n afgetrede onderwyser wat tans in Reebok, in die Suidkaap bly. Hul uitsig op die see, en die pragtige omgewing is 'n inspirasie vir enige skrywer. Sy en haar man is reeds 39 jaar getroud. Hy verstaan haar giere en geite en ondersteun haar in alles wat sy aanpak. Haar twee getroude kinders met ’n eiesoortige humorsin hou haar voete op die aarde, en haar vier kleinkinders is 'n groot vreugde in haar lewe.
Uitgerekte selfverwyt, twyfel. Isabel karakter het my eintlik geirriteer. Voorspelbaar uitputtend. Ek kon net nie vat kry aan hierdie boek nie Het dit omgewens. Was soos tande trek , net klaargelees, want dit was 'n boekklub keus, maar nee dankie nie vir my.
Daar ook n paar foute - waar Isa en Ettienne hand skud om mekaar te groet en dan net op die volgende bladsy hethaal dit weer dat hulle weer hand skud om te groet.
Waar Isa vir Etienne sê sy gaan tetug Phutet toe oor 2 dae Net daarna vra hy haar wanneer gaan sy en sy sê weer oor twee dae