Jump to ratings and reviews
Rate this book

Halley se Komeet

Rate this book
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

380 pages, Kindle Edition

First published August 1, 2019

5 people are currently reading
50 people want to read

About the author

Hannes Barnard

10 books8 followers
Hannes Barnard is die jongste van drie broers en die seun van ’n dominee. Tussen 2002 en 2012 is hy woonagtig in Engeland, waar hy meestal as projekbestuurder vir ’n konstruksiemaatskappy werk. Ná dit het hy vir twee jaar in die Seychelle gewerk. Hy en sy vrou keer terug na Suid-Afrika in 2017, waar hy nou voltyds fokus op sy skryfwerk. Halley se komeet is sy debuutroman.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
27 (44%)
4 stars
24 (39%)
3 stars
8 (13%)
2 stars
1 (1%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 13 of 13 reviews
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
July 30, 2019
Wanneer iemand my eendag vra watter boeke wat jy gelees het, staan vir jou uit, is daar ‘n hele paar. Van nou af sal ‘Halley se Komeet’ deel wees van daardie onthou.

Daar is al heelwat geskryf oor hierdie boek, maar niks wat ek daaroor gelees het, kon my voorberei vir die impak wat die boek op my gemaak het nie. Die beskrywing van waaroor die boek gaan, gee nie naastenby weer hoe diep die boek sny nie. Tot op die been.

Die boek speel af in 1986 in die klein dorpie Dannhauser in Natal. Pete de Lange is 16 jaar oud en ‘n tipiese tiener wat alles begin bevraagteken. Op ‘n dag gaan draf Pete op ‘n plek waar hy uitdruklik verbied is om te draf en dit verander sy hele lewe en uitkyk op sekere dinge in ‘n reeds polities verdeelde land.

Pete en ‘n swart seun, Petrus, verhoed ‘n misdaad en dit plaas hulle in die visier van ‘n wrede, siek persoon, met verskeie ander gevolge, wat uiteindelik Pete se hele lewe verander. Maar nie net sy lewe nie, ook Petrus en Sarita, ‘n Indiërmeisie, s’n en ‘n hele paar ander mense op die dorp ook. Pete leer dat mens soms alleen staan omdat jy opstaan vir iets wat ander mense net hulself blind voor hou, omdat dit makliker is.

Ek was mal oor Pete se ouers – dis ouers waarvoor enige kind maar net kan hoop. Ek wens ek kon weet waarheen Pete se grootmens lewe hom sal neem.

‘Halley se Komeet’ het my laat lag, my woedend gemaak en uiteindelik snot en trane laat huil. Dis ‘n boek wat ek in papierformaat ook gaan koop en vir my kleinkind bêre – sodat ons nooit vergeet nie.

‘Halley se Komeet’ is ‘n GROOTSE boek – ek dink dis Wênkbrou se grootste een tot dusver. Dis nie ‘n tienerboek nie – dis ‘n almal-moet-lees-boek.
Profile Image for Tiaan La Grange.
24 reviews
April 20, 2025
While scouring my library's available audiobooks on Libby, I came across this South African bildungsroman set in a small Natal town in the eighties. I was delightfully surprised when I saw it; I recognised it from the shelves of bookstores I've worked at, but would never have thought to pick it up. The audiobook is narrated in four sections by different students who did a great job. I enjoyed hearing familiar accents narrating a novel set in a space I could imagine those voices. It's not a perfect audiobook, but as a project of the American International School of Johannesburg, it was great!

My main critique is that the book could have made the same impact in a much more compact delivery. There was an appropriate measure of nostalgia (for lack of a better word in our context) for an upbringing during this period of South Africa's history and a reckoning with the horrific events that unfolded at the time. I didn't expect the degree of mature themes in the novel, even with the disclaimer about an unvarnished depiction. I think it's important that young readers deal with topics and conversations in this book, but there were some violent scenes that I couldn't help but feel were unnecessarily graphic at times. Some loose ends could have been taken care of if the novel up until then had been shorter, too.

However, it was a very interesting story that achieved in showing an experience growing up in this context through the eyes of someone who has the moral compass one wishes more people had. I would be interested in picking up another novel by Barnard in Afrikaans to see if it changes my reading experience the next time. I enjoyed spending time with these characters, even if it wasn't entirely for me. Lastly, the titular reference could have appeared as a motif sooner in the book, but it tied together the second half of the book in a beautiful way, and could also be read as an allegory about one of the characters in the novel.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
Read
September 5, 2020
DNF bladsy 80.

Ek kom nie reg met jeugboeke nie. Dis eintlik vir my 'n totale no-go zone.

Ek het hierdie een egter probeer oor die fantastiese terugvoer wat dit amper deur die bank gekry het, maar ongelukkig kon nie die storie, karakters of die skryfstyl my intrek nie. Hier rondom bladsy 80 het die lus om verder te lees my bloot versaak.

Les geleer - hou verby die genres wat jy weet nie vir jou werk nie, maak nie saak hoe groot die hype is nie.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
July 27, 2019
Die boek het veel meer om die lyf as wat die beskrywing hier op Goodreads aandui. Die plattelandse Suid-Afrika van 1986 word lewensgetrou geteken wat detail soos motors, kleredrag, die eerste mikrogolfoonde, lyfstraf op skool, ens. insluit. Maar veral word die gewettigde rassisme van Apartheid geteken. En dis nie maklik om te lees nie. Maar dit eindig met hoop (wat ons so nodig het).
Dis 'n boek vir almal wat oud genoeg is om die ou SA te onthou - om ons weer te herinner waar ons vandaan kom.
Dis ook 'n boek vir diegene wat te jonk is om te onthou - sodat hulle kan sien waar ons vandaan kom.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
July 28, 2019


Dis 1986 in Dannhauser, ‘n myndorpie in Noord-Natal. Pete (Petrus) de Lange is ‘n tipiese (van die tyd) 16-jarige Afrikanerseun. Sy lewe bestaan uit rugby en meisies - spesifiek die verleidelike Renate.

Maar dan veroorsaak één dag dat hy alles begin bevraagteken: prioriteite, geregtigheid, vriendskap, liefde, volwassenheid...... Hy begin bykans twee lewens lei: die alledaagse as ‘n skoolseun in die stormagtige laat 80’s teenoor sy geheime wegglip op Sondagmiddae. En daardie 2 ure op Sondae sit die veranderingsproses in hom voort wat eintlik reeds begin het toe hy besluit het om, eerder as die Afrikaner-eksklusiewe ‘Petrus’, as die meer inklusiewe ‘Pete’ bekend te staan. Ek huiwer dus om dit ‘jeuglit’ te noem; dis vir my baie nader aan ‘n bildungsroman.

Die tyd word baie realisties uitgebeeld: van die politiek; die opgewondenheid oor mikrogolfoonde; die opset in ‘n tradisionele, klein, plattelandse dorpie; die plek van die kerk in die samelewing tot by die gewilde 80’s se musiek en modes. Die rugbykommentaar is uitstaande; ek kon myself verbeel ek hoor ‘Spiekeries’ se stem !

Die karakters is metafore vir stereotipes en slaag na my mening wat geloofwaardigheid betref met een uitsondering: Venny. Sy dialoog was nie vir my oortuigend nie. Ek vind dit hoogs onwaarskynlik dat ‘n middeljare Indiese winkeleienaar (wat eintlik Hindi-sprekend is) dialoog soos ‘Kom kêrels’ en ‘maak spore’ sal gebruik.

Ek soek doelbewus nie vir foute wanneer ek lees nie, maar ‘ba’ (vermoedelik bal ?) op bladsy 142 het nogal gepla.

Met die stertoekenning gaan ek my eie reëls oortree: as gevolg van bovermelde twee goed wat pla, gee ek 4 sterre en nie 5 nie, maar hierdie boek sal saam met my ouetehuis toe gaan saam met my 5 ster-boeke; dis ‘n herlees werd.

Wie moet dit lees ? Nie net tieners nie. Die boek is baie groter as dit. Lesers wat hiper-sensitief vir ‘political incorrectness’ is mag dalk ontstig wees, maar in konteks gesien is daar werklik geen rede om die gebruik van sekere woorde te kritiseer nie. Dit is tog fiksie en om woorde met meer aanvaarbare alternatiewe te vervang het sou ernstig afbreuk gedoen het aan die geloofwaardigheid van die dialoog.

Profile Image for Nicola Greeff.
32 reviews5 followers
July 30, 2019
Halley se komeet - Hannes Barnard

Eers na ek die boek klaar gelees het, sien ek dis jeuglit. Dis dalk beter so, dink ek toe, want enige iemand wat oud genoeg is om die gebeure van die 80's te beleef het, sal sekerlik net soos ek die trauma en deurmekaar gevoelens van daardie tyd weereens moet verwerk.

Hierdie boek GAAN mense omkrap. Bomme, rasisme, vloekwoorde, geweld en gemengde gevoelens oor vriendskap en liefde loop almal hand aan hand en op die einde bars die bom en die hele ding los jou verskeur en omgekrap en kwaad en hartseer en bly en hoopvol.

Hierdie boek MOET mense omkrap. Dit was hoe dinge was in 1986 al probeer ons hoe hard om dit te vergeet. So het mense gepraat met en van mense van kleur. So het mense gemaak met die wat vir hulle gewerk het. Dit was ons almal se realiteit en grootword en om dit toe te smeer of af te plat om dit makliker te laat lees sou die boek armer gewees het daarvoor.

Hannes Barnard het 'n brawe boek geskryf waaroor daar nog baie gepraat en debateer gaan word!

Lees hierdie boek! Elke keer as 'n kragwoord of rassehaat-woord jou wind uit slaan - onthou! En doen beter.

Profile Image for Serena.
359 reviews7 followers
December 30, 2021
This book. First, I will say that I enjoyed most of it. The two main point of views created a profoundly impactful story. At first I wasn't invested in it because the pacing was a little off for me. I slowly became more into it as the characters were more developed and I began to understand the setting more. The look at South Africa's history and the racism embedded deeply into it was insightful and gave me perspective. The middle and end especially made a mark on me. The heavy topics addressed were handled well.

Trigger warnings based on my observation: Mention of rape, racism, homophobia, and violence.
Profile Image for Tracey Barbe.
1 review
June 2, 2022
If I had more stars this book would definitely get it. I was immediately hooked and invested in the story of these young people living in difficult times in South Africa. Not only do they have to deal with developing interracial friendships in a time where this is not exactly accepted, growing pains of young love, they are also faced with the menacing presence of Rudie.
I highly recommend this book for Young and older adults.
Beautifully and sensitively written
Loved it
Profile Image for charlie :).
32 reviews1 follower
September 1, 2022
I really enjoyed this book.
I loved watching the main character grow and seeing how what he’s been taught throughout his life battles with his true morals. This book touches on the question of what makes a person “good” or “bad”, and it was so interesting to see the different views of the characters. It was a bit slow near the middle, but it was so worth reading to the end, and seeing how the relationships change over the book is very gratifying. Definitely recommend.
Profile Image for Rinette.
28 reviews2 followers
March 27, 2021
Die boek het my teruggeneem na my kinderjare en weer laat besef hoe apart ons grootgeword het. Ook hoe baie dinge verander het, ten goede. Hannes Barnard skryf uitstekend, ek kon die boek nie neersit nie. Die hoofkarakter en sy 2 vriende sal lank by my bly.
Author 4 books5 followers
September 8, 2019
Halley se komeet is 'n flippen goeie storie. As ek dit moes lees as tiener sou dit sekerlik een van my gunsteling boeke ooit gewees het. Dis een van daardie wat mens laat lag en huil en naels kou en kwaad maak.

Ek kan nie Media 24 lees nie, maar ek verstaan dat 'n boekresensent gese het die boek is toondoof en moes nooit verskyn het nie. Daarmee kan ek beslis nie saamstem nie. Die tyd waarin dit afspeel, 1986, is 'n tyd waarin SA so anders gelyk het as vandag en daardie stories mag nie doodgeswyg word onder 'n polities korrekte kombersie nie. As ons nie daaroor mag praat of die stories van toe mag vertel nie, is dit net so erg soos die sensuur waaraan skrywers daardie tyd onderhewig was. Die boek se hele tema is om te sê, vat hande, sien ander vir wat hulle is ongeag van jou vooroordele, en die dag as dit toondoof is, dan is ek met liefde toondoof.

Mens kan sien die karakters is goed beplan en die storie het 'n baie goeie struktuur wat spanning bou tot by die afloop aan die einde.

Dis effens lank en oorbeskrywend met tye, maar tog dink ek tieners met 'n belangstelling in rugby en meisies en skool sal dit steeds geniet. Op plekke voel die byvoeglike naamwoorde 'n bietjie gedwonge maar op ander plekke is dit weer baie kreatief.

Pete, Petrus en Sarita was interessante karakters wat tot lewe kom. Op 'n stadium het Deanne en Rikus my nie heeltemaal oortuig nie, maar dit raak later beter, en op die ou end is hulle ook regte mense. Ek sou graag Petrus se familie ook wou ontmoet en meer van hulle te wete kom, en Sarita se ma ook wou leer ken, maar dis dalk oor ek nie 'n tiener is nie. Ek dink tieners sou dalk nie soveel omgee oor die ouers en families nie.

Daar is 'n paar drukfoute en taalfoute in die boek; die ergste was vir my iemand wat "sit en top" oor iets, en waserig ipv wasig, en "helfde." Een van my gunsteling vergelykings was - hy het meer los skroewe as 'n hardewarewinkel in 'n orkaan! Ek het lekker gelag vir daai een! Daar is ook iets waaroor ek wonder, en die term "hot." Ek kan nie onthou dat ons daardie tyd van meisies of ouens as hot gepraat het nie. Ek onthou "sexy," so ek sou graag wil weet wat ander mense onthou? daar was nog een of twee sulke woorde; dude en soos. Ek het jou soos 50 keer gebel. Ek onthou nie dat ons so gepraat het nie?

Die tema van die komeet is ook vir my persoonlik spesiaal omdat my Oupa, net soos Pete se Oupa, my daarvan vertel het. Ek het ook 'n groot liefde vir Thendele, waar Pete en sy familie na die komeet gaan kyk het, so dit was ook lekker om te lees. Thendele is beslis ook een van my gunsteling plekke in die wêreld, en dit was heerlik om 'n draai daar te gaan maak saam met Pete.

Pete en ek is byna presies dieselfde ouderdom. Ek wonder waar is hy nou.

Ek sou die boek 3.5 wou gee maar oor daar nie halwe sterre is nie gee ek 4.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books34 followers
August 11, 2019
Min jeuglit hou regtig my aandag, maar omdat hierdie een afspeel in 'n tyd wat vir my al te bekend is, het ek hierdie een klaar gelees. Die uitgewers het dit met reg as jeuglit bemark en nie as 'n bildungsroman nie, daarvoor was daar hopeloos te veel blote beskrywings van skoolseunverliefdheid en vryery, en dan die rugbyspelery.

Dinge soos hy dit beskryf klink vandag moontlik ongeloofwaardig, maar dit is hoe dit was. Dit is hoe apartheid mense se lewens affekteer het. Die walglike Rudi's het bestaan, en bestaan waarskynlik steeds.

In die begin het die "mooiskrywery" vir my 'n bietjies te bewustelik geforseerd geklink, maar soos die boek gevorder het, het dit beter gegaan. Die boek is goed versorg, wat altyd vir my punte tel. Dit gee vir my 'n gevoel dat die skrywer respek vir sy skryfwerk, sy uitgewer en sy leser het.

Die ontwikkeling van die vriendskap tussen Sarita, Pete en Petrus, was mooi, dit was goed. Ek het heeltyd gehoop om bietjie meer van Petrus se omstandighede te wete te kom, soos dié van Sarita, wat baie goed uitgebeeld is. 'n Mens kon jou die gesin verbeel. Ook Pete se ouers en sy verhouding met hulle was

Omdat dit 'n jeugboek is, sal die teikenmark waarskynlik aanklank vind by die lang beskrywings van wat op en om die rugbyveld gebeur, met beskrywings van elke hou en beweging, maar dit het hierdie leser koud gelaat. Dit was vir my ook onwaarskynlik, dat 'n seun wat nie eers die vierde span haal nie, dan skielik eerstespan speel.

Apartheid laat mens nadink, met die wysheid wat nabetragting bring. Ek vind dit egter onwaarskynlik dat 'n plattelandse seun se denke sonder enige invloede van buite, self so sou ontwikkel. Veral met ouers wat nie voor 'n tiener "blerrie" kan sê nie. Pete het nie die voorreg van 'n ander rolmodel, of ander leesstof gehad nie. Plek-plek het dit ook bietjie prekerig geklink oor die rassekwessie, asof hy verduidelik oor dingetjies wat mens eintlik eers agterna op kan terugkyk.

Halley se komeet en die effek daarvan, vervleg in die geslagte, was uiters geslaagd, soos wat ons oumas en oupas ook 'n vreemde kyk in hulle oë gehad het as hulle praat oor die verblindende lig wat die hemelruim in twee gedeel het, en ekself ook presies onthou waar ek was toe ek Halley se komeet gesien het.

Mag daar 'n Pete vir elke Petrus van die lewe wees.

'n Soliede drie sterre.
Displaying 1 - 13 of 13 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.