Tien jaar nadat sy Potch se vervelige stof van haar voete afgeskud het, is Tessa terug. Maar sy is stukkend en moet van voor af probeer sin maak uit die lewe. Hoekom moet dit juis die onvergewensgesinde professor in Teologie wees wat haar hart laat roer?
Ek het nêrens 'n aktiewe bio nie, buiten die een op die CV wat ek vir die staat moet gee as ek vir hulle wil werk, daarom sê ek liewer hier wat daar van my te wete is:
• Ek is ‘n tante, met alles wat dié term inhou – ‘n seer knie, ‘n geknakte rug, ‘n onverdraagsaamheid teenoor enigiets of -iemand wat my sielevrede versteur, ‘n immer groterwordende Weltschmertz en ‘n groeiende besef van my eie verganklikheid. • My lewe is bitter vervelig. Ek werk 351 dae van die jaar. Die oorblywende 14 bestee ek aan die aktiewe afhandeling van my kluitklaplys. Want punt 1 hier bo. • Ek is ‘n taalpraktisyn om den brode en ‘n skrywer om den sinne. Wat beteken ek redigeer en vertaal tekste om aan die lewe te bly en skryf stories om op my trollie te bly. Reis is die wortel wat die 351 dae die moeite werd maak. Want punt 1 hier bo. • My liefdes is my kind en my honde. • My rolmodelle is my ouers en grootouers. • My helde is Bach en Langenhoven. En enige mens wat ten spyte van menslike swakhede en tekortkominge hierdie lewe na die beste van hulle vermoë oorleef. • Musiek hou my geanker. My vriende hou my arms in die lug. • Ek het sterk menings oor politiek, godsdiens, die Kerk, menseregte en professionele tsotsi’s wat hulle mag gebruik om mense wat op hulle vertrou te bedonner, maar ek voer nie gesprekke daaroor op sosiale media nie. Ek moet jou eers ken en weet dat jy weet hoe ‘n debat werk voor ek daaroor met jou gaan praat. • Ek drink Earl Grey-tee met suurlemoen (op gewone dae), sauvignon blanc (op gewone spesiale dae) en Bollinger (op spesiale spesiale dae). Enige kos met stysel en/of suiker is die poort na die hemel. Cilantro is ‘n onkruid uit die donkerste dieptes van die hel. • Ek skryf en lees romance novels omdat ek ‘n behoefte het aan omstandighede – al is dit dan nou fiktief – waar mense kry wat hulle toekom. Want punt 1 hier bo. • Ek vloek. Vlot en gereeld, maar (hopelik) gepas vir die geleentheid. Nee, ek gee nie om as dit jou affronteer nie en nee, ek gaan nie verander nie. (My ma het in haar lewe gesê ek moet sê sy het my nie so grootgemaak nie, daarom sê ek dit nou hier ter wille van die vrede in die hiernamaals.) • Ek glo dat ons te veel op ons verskille fokus en te min op dit wat ons deel. Die grootste ding wat ons deel, is dat ons almal op ‘n kol so verwoes was dat ons terugkyk en wonder hoe dit gebeur het dat ons nog hier is. Die oomblik wanneer ‘n mens dit besef, kweek jy die enigste eienskap waarmee hierdie wêreld kan genees – deernis. • Daar is net een ding in hierdie lewe wat vir my heilig is: my persoonlike ruimte. Daarin bewaar ek my vrede, my vreugde, my vryheid en my heil. Ek beskerm dit verbete.
Daarmee volstaan ek. Enige ander inligting wat “daar buite” oor my rondsweef, vertrou jy op jou eie risiko.
Driehoek is 'n opvolg van Die verhuising. Daarin was Tessa die ouer vriendin wat met gesonde verstand en haar nugter realisme gehelp het om Danelle deur haar eerste jaar op Potch te kry. In Driehoek is Tessa tien jaar ouer en het haar vry gees en lewensuitkyk haar ingehaal – en Danelle is die een wat moet help om die stukke op te tel.
Mans is die skuldigste want hulle verwoes gesinne en vrouens se lewens. Driehoek was 'n goeie weerspieëling van so geval. Mens beoordeel iemand vinnig op aannames voor mens uitgevind het wie die persoon werklik is. Almal dra bagasie, seer saam wat van ons maak wie ons is.
Dis heerlik om ń boek te lees met karakters waaraan jy voel jy kan raak, so realisties is hulle geskryf. Van karakters wat soveel groei, en tog so getrou aan hulself bly. Hierdie was 'n heerlike lees, wat my diep aan die dink het.
Hierdie was my eerste ervaring van Sophia Kapp en ek het verlief geval op haar. Ek was oorspronklik huiwerig om weer in Afrikaanse romanse in te spring aangesien alles in sulke hoogs Afrikaans geskryf is en net vervelig raak aan die einde. Maar Mev Kapp skryf 'n romans vir die vrou van vandag. Sy skryf oor werklike probleme wat ons vrouens beleef. Sy skryf oor 'n vrou wat haarself op die einde van die dag red en dan besluit om die man te vat omdat sy wil nie omdat hy haar gered het nie. Dit was verfrissend om uiteindelik te lees oor 'n sterk vrou wat nie die man in haar lewe nodig het nie. En die skruikelinge van Tessa en Amanda, twee vrouens wat deur hel geloop het, aan weerskante van 'n man wat gemeen en selfsugtig is het my aandag gehou lank nadat ek die boek neer gesit het. Saam met die gemaklike skryf styl en moderne taal was hierdie boek 'n wenner in my mening.
Driehoek is Tessa's story. She is 32, a freelance journalist in Johannesburg and pregnant by a man who never told her he was still married. And for the first time in her life Tessa is backed into a corner from which nothing can help her. It's her, her conscience and the despair like a black coat hanging. But Driehoek is also Amanda's story - the other woman in the love triangle. Despite Tessa’s efforts to keep the relationship hidden, Amanda finds out that her husband cheated on her, and she watches as her family falls apart. She tried to forgive and forget, but to no avail - her husband became a man she does not know and someone she no longer wants in her life. In the other corner stands Hertzog van der Walt, Amanda's brother and a professor of theology at Potchefstroom. He is the one who watches as his sister and her daughters suffer as a cold-blooded woman grabbed someone else husband. Tessa is a thorn in his flesh - he knows exactly who and what she is and how low she will go - and she is in every way the opposite of what he has always admired in a woman. Eventually he gave up the struggle and acknowledged that he fell in love with her, but even that is not easy - Tessa's love is not something with prejudice of any kind accompanied it. It cost him a few hard lessons before he is able to realize how he should approach her. Driehoek is not a conventional love story no. It makes huge demands on the main characters and the reader, and there's no easy solution. All that ultimately remains is forgiveness and grace and the willingness to accept that life is more complex than most people are comfortable with. But for anyone who is willing to put down their baggage, their prejudices and their presuppositions, there is a second chance and an opportunity to love fully.
Nr 4 of 52. Baie geniet. Die seks voor die huwelik tussen Tessa en Hertzog was onnodig en onverstaanbaar. Dis asof die subtiele lewenslesse en Christenwaardes wat deur die boek loop net daar in die laaste paar bladsye verdwyn. Dit was teleurstellend. Nie teen spyte , was die boek boeiend, die katakters geloofwaardig en die skryfstyl eerlik. Welgedaan Me Kapp. Ek sal jou weer opsoek.