Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.
Pieter Georg du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Sy pa was vir veertig jaar onderwyser in Engels in die Vrystaat. Pieter, soos hy verkies om genoem te word, gaan skool op Cornelia en Heidelberg in Gauteng waar hy aan die Hoër Volkskool matrikuleer.
Hy behaal die grade: BA -1955 -(Universiteit van Pretoria), Onderwysdiploma- 1957 - (Pretoriase Onderwyskollege), BA Honneurs - 1960- (Universiteit van die Witwatersrand) Phd -1966 - (Universiteit van die Witwatersrand)
In sy beroepslewe maak hy 'n draai in die onderwys (Hoërskool Fakkel in Johannesburg), lektor by die Johannesburgse Onderwyskollege, senior lektor in Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van die Witwatersrand, Direkteur by die Instituut vir Taal, Lettere en Kuns by die RGN, eindredakteur by die tydskrif Standpunte, assistentredakteur by die dagblad Die Transvaler, redakteur van Hoofstad koerant.
Literêre kritiek 1968 Die verwysing in die literatuur, Nasionale Boekhandel
VERHOOGSTUKKE 1969 Die nag van Legio, Tafelberg 1971 Siener in die suburbs, Tafelberg 1973 Plaston: DNS-kind, Tafelberg 1977 ’n Seder val in Waterkloof, Tafelberg 1985 Vereeniging, Vereeniging, Tafelberg 1999 Inkleurboek 2005 Nagkantoor 2006 Bedevaart 2004 Send for Dolly (Engelse vertaling van 'n Seder Val In Waterkloof) 2008 Sophia Mentz beredder haar boedel 2014 Pandjieswinkelstories
Prosa: Kortverhale 1980 Koöperasie-stories op Donderdag, Perskor 1983 Hier sit die manne…, Perskor 1985 Nog koöperasie-stories, Perskor 1991 Koöperasie-stories: die omnibus, Perskor 1997 Tussen die riewe, Benedic 1998 Tweehonderd stories, Perskor 2006 120+ sommerstories, LAPA 2009 Kortetjies en 'n lange, Tafelberg
Prosa: Sketse 1987 Het olifante elmboë?, Tafelberg 1993 Neklis, Tafelberg
Prosa: novels/romans 1994 Syferfonteine, Tafelberg 1998 The Married Man’s Guide to Adultery: A Study of Adulterations, Tafelberg 2008 Fees van die ongenooides, Tafelberg
VERTALINGS Die nag van legio (1969) English (My name is Legion)
Dramas en verhoogstukke: Die Nag van Legio; Siener in die suburbs (Hertzogprys, W.A. Hofmeyr-prys); Seder val in Waterkloof (1979), vertaal in 2004 as Send for Dolly;Vereeniging, Vereeniging; Bedevaart; Inkleurboek; Nagkantoor; Plaston: DNS-kind; ; Verwerkings vir verhoog: Mikro se Mattewis en Meraai; Gonnakolkers; Die Wa-as; Die Houtswaan en Die Porseleinkat. Televisiereekse en draaiboeke: Koöperasiestories; TJ7; Rand 'n Droom; Die Maplotters; Andries Plak; Feast Of The Uninvited; Dryfsand (ATKV-Televisieprys, ATKV-Televisieprys vir Beste Draaiboek vir ’n Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama, Beste Regisseur (Koos Roets), sowel as Beste Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama.);
Films: Nag van die Negentiende; Liewe Hemel, Genis - die moevie;
Verhoogoptredes: Spies en Plessis met Permissie (saam met Jan Spies);Klets, Klawers en Kitaar ( Saam met Ollie Viljoen en Valiant Swart).
Intussen vestig Pieter en sy vrou Marie hulle op ’n plaas, Sémoér, by Rysmierbult net duskant Ventersdorp. Hier boer Marie en kan Pieter sy liefde vir houtwerk uitleef. Bron: Wikipedia
TOEKENNINGSWA Hofmeyr Prize (1970) – Die nag van Legio CNA Prize (1971) – Siener in die suburbs Hertzog Prize for Drama (1972) – Die nag van Legio and Siener in die suburbs WA Hofmeyr Prize (1973) – Siener in die suburbs FAK Prize for Light Fiction (1988) – Het olifante elmboë? Insig Afrikaanse Onbeperk Pioniersprys (2002) ATKV Television Prize for Best Script (2007) – For the TV series Dryfsand ATKV Prize: Fees van die ongenooides (2009) Helgaard Steyn Prize: Fees van die ongenooides (2012)
Dit was 'n ongelooflike boek gewees en dit het geskuif na my nommer een Afrikaanse boek. Ek het op 'n stadium die boek neergesit, want ek was bang dit gaan klaar wees en ek wou dit net so lank as moontlik uitrek.
Die gebruik van Afrikaans was net absoluut pragtig gewees - die "opgemaakte" woorde. Die storie was fantasties en het dit regtig mooi van altwee kante af beskryf.
Ek was bang vir die einde gewees, maar dit het geensins teleurgestel nie - dit was 'n baie baie goeie einde gewees en ek het tot 'n traantjie gestort. Wat 'n juweel van 'n boek!!
P.G. skryf ongelooflik - ek het nog nooit sulke afrikaans gelees nie. Die geskiedenis is interressant en die karakters volrond. My enigste negatief is dat die boek bietjie stadig begin.
Dit het my 'n rukkie geneem om te besluit presies wat ek van die boek wou se. Dit het my ook 'n wyle geneem om my hart te laat herstel.
Dis die mooiste Afrikaans wat ek nog gelees het en verseker van die beste oor die oorlog. P.G. ken mens, hy ken sy karakters en weet hom om aan die hartsnare te pluk.
Hy weet ook dat ons almal die uitende van die storie ken. Hy brei nie onnodig uit oor die kampe, die lyding en vernedering nie - ons almal weet daarvan- hy konsentreer op die mense, die regte storie. Die liefdesverhaal tussen Petrus en Nellie. Die aaklige jaloesie van Daantjie teenoor sy pragtige vrou en al die hel waardeur sy gaan. Die totale veragting van Matrie teenoor haar joiner man. Danie se teleurstelling in sy enigste seun, die kind wat die famielie naam moet voortdra. Fienatjie Minter, met die helm gebore en droom altyd die waarheid, al wil almal haar nie glo oor hul eie stories nie.
Dit gaan aan en aan. Soveel karakters, soveel verskillende oogblikke uit die oorlog en tog kom alles saam om 'n verhaal van een familie se tragedie uit die oorlog te vertel.
As jy my ken, weet die boek is wat jy kry vir jou verjaarsdag of kersfees!
Uitstekende boek! Een van die beste romans wat ooit oor die Anglo-Boere oorlog geskryf is. Dr. P.G. Du Plessis verstaan nie net sy karakters en sy geskiedenis nie, hy verstaan ook sy lesers. Hy bring menslikheid en begrip na die geskiedenis deur sowel die Boere as die Engelse soldate 'n persoonlikheid te gee met 'n nuwe benadering tot hierdie stuk bittere Suid-Afrikaanse geskiedenis as 'n gevolg.
Ongetwyfeld die beste boek wat ek nog ooit gelees het. Hierdie boek het my trots gemaak op my taal en my mense en my land. Die boek is perfek, die karakters is rond en ten volle ontwikkel. Ek het aspris stadig gelees om als in te neem en deel te word van hierdie stuk geskiedenis. Ek het so baie waardering vir die taalgebruik dat ek by tye die paragrawe hardop gelees vir myself en ander. PG du Plessis, u is ‘n meester. Dankie vir hierdie letterkunde geskenk.
Een van die beste boeke wat ek gelees het. Goeie karakter-ontwikkeling met 'n duidelike storielyn en as jy die boek klaar gelees het, dan bly dit in jou gemoed rondhang.
This will make the list of one of the greatest books in Afrikaans. Written in deceptively simple style but containing a tale which surprises the reader by becoming deeper and deeper as the story makes a surprising circle. The story opens with the tale of a loathsome little character which initially disappoints the reader. Yet, as the tale progresses you start learning to love this caricature of a man, and understand that he becomes the framework upon which the entire drama is built. Mystery upon mystery develops in unpredictable ways.
Loaded with irony and emotion-wrenching drama, this book captures not only the imagination, but also the senses. As a narrative of a dreadful war of which the dirtier detail has been conveniently forgotten the story speaks as a thunderclap to the conscience. It grates at the imagination for hours and days after the turning of each chapter.
You cannot read this powerful novel and be unmoved. The only criticism I would table would be towards the completely unnecessary usage of crude and blasphemous expressions which over-dramatize the dialogue beyond the credible, and somewhat mars the otherwise delightful story.
This is one of those books which one closes with a sad sigh. You know the story is going to live in your mind for a long time. It is a war drama which leaves one with many lessons. The biggest one of all, is the lesson of how dreadfully human people are when all the pretense is stripped away.
It is a very heavy read, but I enjoyed it. A cultural treasure. A little upsetting. What will stay with me forever is how easily one man can ruin another person's (his wife's) life with so much lies and deceit. Even the war with all the tragedie and cruelty seems to fade in the background. However, I do believe that it is a book that the Afrikaner nasie should read.
Beautifully written and well researched with wonderful, believable and likeable characters. This book gave me a fresh perspective on South African history. It's a heartbreaking reminder of the futility and cruelty of war.
Briljant! Baie insiggewend oor wat gebeur het met gewone mense tydens die Boere oorlog. Laat mens baie dink oor 'hoe anders dinge kon wees'. Toe en nou. En wat oorlog aan mens doen. Redelik skokkend ook ... Not for the faint hearted.
Dis die tipe boek wat mens twee keer moet lees. Eerste keer om die storie te lees en die tweede keer om elke karakter en woord te analiseer. Die taal was bietjie "ryk" vir my. Ek is so ontsteld met die Engelse, ek boikot sommer die 'royal wedding'
‘n Epiese tragedie oor die swaarkry van die Anglo-Boereoorlog. Dit is later hernoem na die Suid-Afrikaanseoorlog, maar oor die lot van swart Suid-Afrikaners word daar egter maar min oor uitgebrei. Steeds briljant verweef.
Read this if you like Historical Fiction, are interested in the Anglo-Boer War and if you are a masochist. Masterfully written, but extremely depressing.
Die Suid-Afrikaanse Oorlog is 'n tydperk van ons land se geskiedenis waarin ek belangstel, en my ma het toe vir my haar kopie van PG du Plessis se Fees van die Ongenooides geleen. Ek het geweet die onderwerp gaan baie swaar wees, maar ek was glad nie voorberei nie. Laat ek ook sê dat Du Plessis is van die min mansskrywers wat oortuigend van 'n vrou se perspektief 'n verhaal kan tel.
Fees van die Ongenooides is op die oog af die verhaal van die Van Wyk familie, hul bywoners, en die individue wat in hulle omkring wentel. Du Plessis vloei naatloos van karakter tot karakter en al spring die storie tussen die hede en die verlede, is dit wel gedaan. Die oorweldige tema is die van verlies, en hoe díe wat oorleef nie sonder letsels is nie. Elk een het sy eie manier om deur die swaarkry te kom. Elke karakter se storie is hartskeurend, al is hulle, soos blink Daantjie, iemand wat ek graag in sy gat skop. Magrieta se lyding was swaar, maar haar mooiheid het staal weggesteek. Fienatjie met haar drome wat bewaarheid word het 'n anderwêreldse rilling in gebring. Maar oor alles vergeet lesers nooit hoe aaklig oorlog is nie, hoe die wreedheid dikwels die slegste in mense uitbring.
Hierdie roman was vir my moeilik om te lees. Nie noodwendig omdat ek worstel met my moedertaal nie, maar liewer omdat daar so veel hartseer in die storie is. Dood en wreedheid is vollop by die einde, en 'n groot deel van die roman vind plaas in 'n konsentrasiekamp – maar ook 'n bewondering van menswees. Du Plessis se taalgebruik het my heeltemaal meegevoer.
Uitstekende Afrikaanse Afrikana. Dis vreeslik goed geskryf en vat jou saam na die hartjie van swaarkry en hartseer besluite se nadraaie aan beide die Afrikaner en Engelse kante.
Die storielyn het my van die begin tot einde op my tone gehou. Dit skep ‘n goeie prentjie van hoe baie paadjies verskillende individue, aan beide kante van die oorlog, se lewens kon neem.
Dit was lekker om woorde te lees wat ek nog net altyd in die huis gehoor het, maar nooit op skrif nie, soos: …Al die pad “afpiekel” Kaap toe… en …vir elke “bakatel”…
Hierdie oorlog was vanaf 1899-1902, tog is hierdie aanhaling uit die boek nogsteeds relevant vandag: “Want dit het alledaags geword om te sterf. Te veel en te dikwels maak tot vrees en verdriet minder. En oordaad maak die gewete stomp.”
PG du Plessis is een van Afrikaans se beste gebruikers. Die fleurige gebruik van die taal in "Ongenooides" is soms lafenis, dog soms ook krapperig. Net soms is die metafore te. Lafenis was welkom in die geworstel met die verhaal. Want maklik is die storie nie. Dit het my langer as gewoonlik gevat om deur die boek te kom: ek het soms vermy om my gelees te hervat. Die gruwel van oorlog, van hierdie oorlog, bowendien op eie bodem, het my langtand laat volhard.
Fienatjie se hemelblou toekomsblik sien nie ver genoeg vorentoe nie. Joey die ooggetuie se kamera kyk nie diep genoeg die waarheid in nie. Brooks se gewete kom te laat om te keer dat hy met Gertruida se klavier aan die marteling meedoen. Die vrede kom nie gou genoeg om Pa Danie se God te red nie. Magrieta se stryd is teen haar eie lyf. Haar oorlog is die pynlikste - nuwe dood. Van Wynand se beste bedoelings kom daar niks: vir hom is dit alkante toe ondraaglik. Net Danie se versoening is die dun straaltjie hoop, vir hom en vir ons wat alewig vredemakend wil inmeng, en daarop kan reken om met oorgawe gehaat te word. Daantjie, wel, Daantjie het sy eie manier om stryd te hanteer, as hy moet, en ook net as hy moet - "moet" skop net in as die skote na sy kant toe klap en sy blink afvryf. Daantjie sorg vir homself. Van almal kom Daantjie die beste daarvan af. Vreemd genoeg dat, teen die tyd dat sy sondes uitkom, is almal om hom dood of al so ver heen dat dit nie meer saakmaak nie.
"Die Fees ..." is toe nie n fees nie. Die titel is ironies bedoel. Dis beslis nie vir sensitiewe lesers nie. Ek het moeilik daaraan gelees. Ek is bly ek het.
Definitely one of the best books on our history. It's about people in the Anglo-Boer War and touches layers deep down - sad, heart breaking even and not really encouraging. It shows the frightful realities of War, the frightful loss of love, talent, unique characters and brings out the worst in people (even though with some you see what beauty, love and faithfulness, trust and caring can be possible!) It's a love story and its for the very special and dear Afrikaaner people. The British are just "uninvited hosts of the party". One of the most terrifying aspects is the loss of faith in some of the central characters - like Danie, who buries 78 children in the concentration camp and prays for every single one of them, but with Fanetjie (nr 79) he gives up. Or the story of Petrus Minter, who shoots himself after digging his grave between his deceased child and wife, whom he had been fighting for all those days until the bitter end and capitulation only to hear that they died in the concentration camp weeks before. P.G. du Plessis loves his people and goes a long way to show it in this very dear book of his. Very definitely worth reading!
Hierdie boek was beslis een van die beste verhale oor 'n uiters donker tyd in die Afrikaner se geskiedenis. Die skrywer het dit reggekry om die aspekte van die tydvak neer te pen - so akkuraat, maar met die regte hoeveelheid respek (al het almal of alles nie noodwendig respek verdien nie).
Die hele benadering van die storie - 'n fotograaf wat se foto's eers na sy dood of 50 jaar later (watter gebeuretnis ookal eerste plaasvind) bekendsgestel mag word, het die oorlog amper... menslik gemaak. Wel, so menslik moontlik.
Wat die gebeure nog hartseerder maak, is die feit dat soveel items verlore gegaan het tydens hierdie sinnelose oorlog oor aardse stene. Die feit dat soveel stories saam met elke lyk begrawe is.
Alhoewel hierdie boek baie goeg geskryf is, is dit ongelukkig nie 'n boek wat ek weer sal lees nie. Niemand kan die dooies se verhale vertel nie...
A book dealing with the Anglo-Boer war and it's a book to like as well as dislike. It's well written and a gripping story, but i don't really like stories about the suffering inflicted on women and children during this war, it makes my blood boil and that's so useless!
'n Hartseer en tragiese verhaal van menslikheid onder beproewing, meesterlik geskryf in kleurryke Afrikaans. Een van daardie verhale wat jou laat dink lank nadat jy dit gelees het. My huidige gunsteling Afrikaanse roman.
Langdradig en vertel met hopeloos te veel patos. Met groot moeite en seggingskrag geskryf maar dit lees nie as kuns nie, dié roman sluit hom heel eerder by ontspanningsverhale as egte letterkunde aan. En dit het sy eie waarde, maar ek voel ietwat vergis.
Good book! Gave me insight as to what it was like in the concentration camps during the boer war. Hard to swallow some of the things..... especially that one mans pride can hurt so many people!