Jesebel! is vol van die dinamiek en passies van die moderne stadslewe. Dis knipoog- én rasend snaaks, warm romanties en soms onstuitbaar kontroversieel. Dis so goed of straks beter as 'n wildtuinvakansie of Prozac. (rugteks)
Virginia Woolf het min of meer gesê dat 'n mens nie swak boeke moet ignoreer nie, want swak boeke is die kompos van die letterkunde. Met Jesebel! het Zuretha Roos 'n beduidende bydrae gelewer tot die kompos van die Afrikaanse letterkunde, dalk selfs een van die mees beduidendes. Maar juis daarom beveel ek hierdie boek aan!