Jump to ratings and reviews

Die verdwyning van Mina Afrika

Op ’n dag staan Gert Afrika met die kleuter op sy arm voor die agterdeur van die gegoede blanke boer. "Ek kan nie lat sommer enigiemand na my kind kyk nie, baas! Baas ken die spul! Dis heeldag dronknes en messteek ... Sy’s al wat ek oorhet van my eie, baas!"

233 pages, Paperback

Published January 1, 1995

Loading...
Loading...

About the author

Zuretha Roos

7 books9 followers

Ratings & Reviews

What do you think?

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
52 (38%)
4 stars
48 (35%)
3 stars
23 (17%)
2 stars
7 (5%)
1 star
4 (2%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for selin.
49 reviews2 followers
September 14, 2021
so 'n mooi verhaal , met al sy hartseer .sy geluk stringetjies word in die einde baie van pas saam getrek.
Profile Image for Susanna.
376 reviews7 followers
October 6, 2026
Dit is Apartheidsjare in Suid Afrika en die bruin Mina Afrika se inname in ‘n wit huishouding van die De Graafs, laat die wenkbroue in die plaasgemeenskap lig. Sy word groot saam die wit kinders, leer al die witmense se maniere aan, maar tog pas sy nooit regtig in nie. Mina hou wel haar wortels in die bruin gemeenskap lewendig en kuier gereeld by Tietser Meraai.

Toe sy verkeerde kleur en geslag is vir hoërskool, gaan neem sy klasse by die aftrede onnie in die dorp. Mina se toekoms lyk blink, ten spyte van haar omstandighede, en sy oefen hard met die oorseese tydskrifte wat Sara de Graaf spesiaal bestel, hoe om die lekkerste kos te maak. Sy word geboek om die gemeenskap se aangeleenthede se kos te maak – haar heerlike kos is alombekend deur die dorp.

Mina se lewe word egter onherroeplik verander, net toe alles goed begin lyk. Maak nie saak hoe sy planne maak om die problem op te los nie, sy besef sys al nooit weer deel van die gemeenskap kan wees nie. Mina vlug Kaap toe om te kyk of sy daar kan verdwyn tussen al die mense waar niemand haar ken nie. Maar Mina is mooi en trek die aandag van ongure karakters in Distrik Ses. Hoe gaan sy die Kaap oorleef en ‘n lewe vir haarself maak? Of is daar ‘n kans dat sy tog in plaasgemeenskap kan inpas as sy sou wou teruggaan?

My lesersindruk:
Mina se storie is so mooi en so tragies, dit maak my so woedend. En ek weet haar storie is nie uniek nie - hoe ‘n gemeenskap se konserwatiewe sienings, haat, bevooroordeling en rassisme mense se lewens opmors. Ek verstaan hoekom dit op ‘n kol ‘n voorgeskrewe boek was vir skool; dis ‘n boek wat almal moet lees.
3 reviews
July 21, 2022
‘n Maklike lees van die goed en sleg van jare terug in die apartheidsera. Die boek het ‘n mengsel van goedvoel en hartseer gebeure wat harde harte sag kan maak.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
March 7, 2017
Om die boek te lees was vir my baie lekkerder as om dit op die radio te luister.
87 reviews
Read
July 11, 2012
Location read: Stellenbosch
227 reviews13 followers
March 30, 2017
Heel boeiende leestof. Ek het self in daardie jare groot geword en was heel beindruk deur die manier waarop die skryfster die omstandighede van daardie tye beskryf. Sy moes nogal navorsing gedoen het om die omstandighede so te kon beskryf. Tipiese gegoede blanke omstandighede word beskryf, dan daarteenoor word die lewe in Distrik Ses netso kleurryk beskryf. Die opgroei van kinders is ook tipies van daardie tyd. Sien daarna uit om die opvolg te lees.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews