Jump to ratings and reviews
Rate this book

Dis koue kos, skat

Rate this book
Marita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in 'n splinternuwe gedaante - dis 'n briefroman! Dis Koue Kos, Skat is die briewe en e-pos van 'n vrou in haar liefde verlaat; dit is briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak. Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor 'n dekade geskryf is - aan 'n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anais, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie 'stasies' van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir 'n ete. Dis Koue Kos, Skat is 'n vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit is 'n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van Graham Greense se uitspraak: 'We do not have to win the battle of the sexes, we merely have to survive it.'

314 pages, Paperback

First published April 1, 2010

Loading...
Loading...

About the author

Marita van der Vyver

45 books146 followers
Marita van der Vyver is the author of a dozen novels, a collection of short stories, two collections of humorous essays, picture books for children, many short stories and essays in anthologies, and regular columns in newspapers and magazines. Her books have been published in English, Dutch and German, and her first novel, published in English as Entertaining Angels, became a bestseller and was translated into twelve languages. She lives in France with her family.

Marita van der Vyver is die skrywer van ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n literêre sensasie wat in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
69 (27%)
4 stars
97 (38%)
3 stars
62 (24%)
2 stars
22 (8%)
1 star
4 (1%)
Displaying 1 - 17 of 17 reviews
Profile Image for Minnie.
233 reviews14 followers
May 15, 2010
A vintage Marita van der Vyver book. It reads quickly and easily. if you're easily offended by solid Afrikaans swearwords, be warned, the author uses them VERY effectively. And not to worry, there's a translation on the way. It's a book about betrayal, anger, some acceptance and above all personal growth and I loved it!
Profile Image for Tania.
1,488 reviews372 followers
September 12, 2014
Lekker ligte vermaak. Ek het lekker vir al Carla se "manne"wales gelag, maar moet definitief se hierdie boek is nou nie in dieselfde league as Dinge van 'n kind en Griet skryf 'n sprokie. Dis nog steeds so lekker om enige iets in Afrikaans te lees, ek weet net nie wat om te lees behalwe die Deon Meyers en Marita's nie? Enige voorstelle iemand?
Profile Image for Sonja Arlow.
1,263 reviews7 followers
September 2, 2015
2 1/2 stars

As ek nie so uitgehonger was vir Afrikaans nie het ek dalk nie hierdie boek klaar gelees nie. Carla was veels te bitsig vir my smaak en ek kon glad nie met haar identifiseer nie.

Daar was wel kere wat snaaks was, veral toe haar seuns tieners word en sy self bietjie meer onafhanklik begin lewe maar my algehele gevoel was baie lou warm.
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
522 reviews29 followers
April 19, 2017
Hierdie was 'n baie prettige boek gewees. Soos altyd - dit baie geniet! "Konfyt kook is 'n daad van hoop. Dit beteken ek weet die son gaan nie altyd aanhou skyn nie, maar ek maak voorsiening vir die donker dae wat kom."
6 reviews
September 8, 2017
Excellent

I love Marita's writing style. Love the development of the character. She stays the same person but become so much stronger in all aspects of her life. Uplifting and very witty.
Profile Image for Lydia.
21 reviews1 follower
December 31, 2019
Perfek. Ek kan die boek weer en weer lees en die fliek oor en oor kyk. Miskien omdat ek myself in Clara sien. Dit kon net sowel ek gewees het.
Profile Image for Wayne Jordaan.
286 reviews14 followers
October 19, 2020
'n Grootmens boek oor die wel en wee van n verneukte vrou, 'n verneuker, so nou en dan n kaalgatkok (Maandae) en twee boontjies wat hulle loontjie kry. 'n lekker lag-nadink leesstuk.
Profile Image for Elsabe Retief.
451 reviews1 follower
March 3, 2022
Lekker verrassing! Slim geskryf met heerlike humor en interessante draaie en kinkels. Lig en lekker!
Profile Image for Maryka.
19 reviews1 follower
March 13, 2024
Dit het gevoel of ek in haar huis was, in haar skoene. Geen pretensie.
Profile Image for Lize-meré Van Schalkwyk.
42 reviews2 followers
January 7, 2015
This book is excellent. And I do not even have to say anything about the writer. All that have read her books, knows that her honest, in-your-face writing style leaves you begging for more. This is the story of a woman going through all of the emotions associated with a divorce: anger, bitterness, hatred, self-loathing, healing, change, forgiveness, moving on and finally finding yourself again...this time even better as pre-marriage.

It is a hopeful story showing that everything will be okay in the end, also that karma can be a real big b...

I cannot find anything wrong with anything that Marita writes and am a true fan!
Profile Image for Amanda.
12 reviews
Want to Read
August 23, 2011
Terwyl ek so deur my boekrak gaan kom ek af op Dis koue kos skat van Marita van der Vyver wat ek die begin van 2011, as ek dit reg het, gekoop het.

Ek onthou ek het, soos my gewoonte maar is, eers 'n bietjie deur die boek geblaai en hier en daar 'n bladsy gelees voordat ek wou wegspring met die eintlike lees. Wel, ek het toe nooit die boek gelees nie, ek dink ek het iets anders verwag. Heelmoontlik sal ek dit later weer 'n kans gee.
87 reviews8 followers
February 10, 2011
This is the first book written by Marita Van Den Heever that I actually struggled through - was it "lost in translation" or just not one of her better efforts.
The book lacked her usual style, no plot to talk of, and totally predictable.............
What a pity!
7 reviews
June 2, 2011
I don't usually like reading books that are in a "letter" format but I thoroughly enjoyed this. It was an easy read as well and I could so relate to Clara going through the motions/emotions of divorce with children. Fabulous read
Profile Image for Ester.
70 reviews3 followers
November 13, 2016
Lekker naweekleesstof. Geskeide of skeiende vroue (en ma's) met ontroue mans sal identifiseer met die protagonis se belewenis- en gedagtewêreld soos wat sy deur die egskeiding en die dekade daarna gaan.
15 reviews
May 18, 2011
Read the Afrikaans version: "Dis Koue Kos, Skat" and loved it! Filled with fun and humour.
Displaying 1 - 17 of 17 reviews