Jump to ratings and reviews
Rate this book

Swartskaap

Rate this book
Claudie Thompson se storie begin in 1982 toe sy drie jaar oud was en vir die eerste keer die verskil tussen goed en kwaad leer ken het. Sy het ses boeties en een sussie, maar net sy en haar broer Theuns deel dieselfde pa en ma. Haar lewe lank stry sy al teen die gene in haar bloed.

377 pages, Paperback

First published August 1, 2009

9 people are currently reading
77 people want to read

About the author

Odette Schoeman

1 book3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
55 (44%)
4 stars
45 (36%)
3 stars
24 (19%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 17 of 17 reviews
Profile Image for Adeléne Hartzenberg.
29 reviews1 follower
June 6, 2023
Hoe sê mens ń ware storie soos hierdie is goed? Dis bitter bitter sleg, ek het al die emosies saam met die skrywer beleef en ek was bitter kwaad vir elke volwasse persoon wat hierdie kinders keer op keer gefaal het. Ek haal my hoed af vir elke kind wat in hierdie omstandigheid moes groot word en oorleef het. Dankie dat jy jou storie met ons gedeel het. Ek hoop dit het jou gehelp om daardie seer en kwaad te probeer genees. ❤️
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
February 27, 2015
Swartskaap is die debuutroman wat reeds bekendheid verwerf het as die roman wat Jeanne Goosen laat huil het. Hoewel die boek my diep geraak het, het dit nie daarin geslaag om my te laat huil nie (en ek dink nie ek’s so tough soos Jeanne nie!).

Natuurlik breek die verhaal van die dogtertjie en haar boeties wat hul hele kinderlewe lank tussen hul ouers en allerhande familie rondgegooi word, ‘n mens se hart. Maar naderhand raak die ellendes net te veel, die klaarblyklike ongevoeligheid waarmee die kinders behandel word, net te erg om geloofwaardig te wees. Hoewel sulke optrede teenoor hulpelose kinders NOOIT goedgepraat kan word nie, moet die grootmense tog ook redes he vir hul gedrag en die boek sou sterker gewees het as dit ‘n bietjie beter toegelig is (hoewel ek besef dis in die eerste plek Claudie se verhaal).

Die boek laat ‘n mens natuurlik baie dink aan Jeanne Goosen se eie Ons is nie almal so nie, die boek van haar wat uit die hond se oogpunt vertel word (ek kan nie nou die titel onthou nie!) en ook aan Marlene van Niekerk se Triomf. Marita van der Vyver se Die dinge van ‘n kind kom ook in my gedagtes op. Almal is boeke wat gewone Afrikanerfamilies van ‘n klompie jare gelede se lief en leed as tema het. En die Afrikaner word beslis nie in rooskleurige terme geteken nie! Vir enigiemand wat nog steeds glo ons is eintlik ‘n bietjie beter as ander mense, is hierdie boeke goeie materiaal om jou gou-gou van jou illusies te beroof. Marita se boek werk darem ‘n bietjie sagter met die ou volkie!

Die tema van kindermolestering word deesdae so gereeld opgehaal dat daar al van ‘n nuwe genre gepraat word – die molesteringsgenre. Die magteloosheid en weerloosheid van dogtertjies slaan ‘n mens weer tussen die oë. Eintlik maar die magteloosheid en weerloosheid van die vrou as sulks – selfs Claudie se ma beweeg van een man na die volgende omdat dit vir haar die enigste manier van oorlewing is. Die toneel waar Claudie in die hof lieg dat haar pa niks aan haar gedoen het nie, het my die heel diepste geraak. En later waar sy sê al wat sy eintlik maar wou hê, was dat hy haar erkenning gee daarvoor – en ‘n eenvoudige dankie dat sy hom nie nog ‘n keer laat tronk toe gaan het nie.

Die magtelose liefde vir mekaar, ten spyte van al die onmin, haat en bedrog, bly vir my die grootste tema. Bloed bly inderdaad dikker as water. Die kinders bly lief vir hul ouers ten spyte van alles. En ‘n mens wil graag glo die omgekeerde geld ook, hoewel dit nie juis aangetoon word nie.

En die belangrikheid van keuses. Elkeen van die karakters maak hope verkeerde keuses en die wat later begin uitstyg uit hulle omstandighede, doen dit ook as gevolg van hul keuses. Maar die wat onder bly, doen dit ook uit eie (onbewustelike?) keuse. Selfs die kinders het steeds keuses in hoe hulle al hul ellende hanteer en doen dit dan ook verskillend uit die aard van hul verskillende persoonlikhede.

Nie ‘n boek vir as jy ‘n klein bietjie blou voel nie! Maar ‘n boek om te onthou. En vir die skrywer se part hoop ek nie die boek is so outobiografies soos ek vermoed dit is nie.
Profile Image for Yolandi.
58 reviews3 followers
July 29, 2013
Baie goeie boek, baie hartseer. Het die boek al in 2010 gelees maar toe ek onlangs 'n artikel in 'n koerant lees dat dit eintlik op die waarheid gebasseer is, toe moes ek net die boek weer lees.

Sal daarvan hou as daar 'n opvolg was, wonder wat met Claudie en Andries gebeur het.


'n Moet lees boek vir almal.
Profile Image for Deon Strydom.
30 reviews1 follower
March 21, 2021
Hartseer omdat sulke stories waar is vir baie!

Ek het op ‘n stadium by ‘n kinderhuis gewerk en meisies soos die hoofkarakter geken, ongelukkig ook ander soos haar ma... Die ander hartseer is dat die verhale nie net waar is van arm mense of agv omstandighede nie. Lees dit!!
Profile Image for Zelda.
113 reviews1 follower
September 24, 2017
'n Boek wat 'n vriend gesê het is 'n moet lees. Geen idee hoekom nie.
'n Hartseer 'storie' wat absoluut nêrens heen gaan nie.
Die einde hang ook sommer maar so in die lug, raai maar wat volgende gebeur (aangesien die 'n ware verhaal is kon sy maar 'n epiloog gebruik het om darem net 'n opsomming te gee oor hoe dinge uit gedraai het).
1 review
July 7, 2010
WoW!!! 'n Boek wat wipplank met jou emosies gaan ry. Ek sal hom aanbeveel vir enige iemand. Dis 'n fantatiese storie wat briljant geskryf is. Ek kon hom nie neersit nie en gaan hom nog 'n keer lees. Mooi so, Odette!
Profile Image for Stii Pretorius.
3 reviews6 followers
June 21, 2010
Briljant, hartseer en baie inspireerende boek. Een wat jy nie kan neersit voordat jy dit klaar gelees het nie. Hoogs aanbeveel!
1 review
February 17, 2011
Wat 'n boek! Uitstekende storie! Die beste Afrikaanse boek wat ek nog gelees het. Baie geluk aan Odette Schoeman. Ek hoop dat ons nog baie van haar gaan hoor.
Profile Image for Jaco Jansen.
11 reviews1 follower
August 15, 2015
Briljant! Elke onderwyser behoort dit te lees. Dit maak jou oë oop. Alle kinders kom nie uit gegoede huise nie.
Profile Image for Anin Jacobs.
1 review
Read
October 22, 2018
Good book. Enjoyed the humor amid the bad circumstances.... Would have liked ending bit different, but thinking about it, that's how life is....

Displaying 1 - 17 of 17 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.