Dalene Matthee (nee Scott) matriculated in 1957 and went on to study music at a conservatorium in Oudtshoorn as well as at the Holy Cross Covent in Graaff-Reinet.
Before gaining fame and wide acclaim for her first "forest novel", she also wrote stories for magazines as well as two popular novels - ’n Huis vir Nadia (A House for Nadia) (1982) and Petronella van Aarde, burgemeester (Petronella van Aarde, Mayor) (1983).
Kringe in ’n bos (Circles in a forest) (1984), a novel about the extermination of the elephants and the exploitation of the woodcutters of the Knysna forest, was an international success. Two other highly successful "forest novels" followed: Fiela se Kind (Fiela's Child) in 1985 and Moerbeibos (The Mulberry Forest) in 1987. Fiela's Child and Circles in a forest were filmed. She also won numerous literary prizes for her works.
After a short sickbed caused by heart failure, she died in Mossel Bay, South Africa. She was survived by her three daughters; her husband, Larius, died in 2003.
Dalene Mathee het afgewyk van haar historiese romans in hierdie boek deur te beweeg na sosiale kommentaar op 'n boeregemeenskap waarin die vroue sterk belig word en elke Afrikanervrou haarself in een van die hoofkarakters herken. Sommige lesers was woedend, en ander het 'n ommekeer in lewensbeskouing gemaak na die lees van die boek alhoewel dit op daardie stadium nie openlik gedoen was nie!
Die storie was dramaties, ingrypend, tragies, insiggewend, skokkend, ongelooflik maar bowenal verrykend. Die simboliek agter Jessie wat haar babadogtertjie verdink laat die leser verbysterd agteroorsit, maar as die boodskap in die boek reggelees word, word dit 'n boodskap aan alle vroue wat mekaar óf wil ondersteun, óf vertrap uit vrees vir die situasies wat hulle vir hulleself geskep het in 'n poging om geluk te vind.
"Wat het Jessie De Waardt besiel om haar babadogtertjie in 'n kuil te verdink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? Is dit nie teen 'n vrou se natuur om so iets te doen nie? En wie was die pa van die kind, wat elf maande ná haar man, Ses, se dood gebore is?
Hierdie vrae spook by die vroue op die Rôeveldse plase in Grootberg-se-Kloof terwyl Jessie by 'n bobbejaantrop skuil om die speurders te ontwyk. Haar verdwyning kwel ook die mans, want Jessie se aardse vroulikheid het elkeen van hulle kwesbaar gemaak.
Geleidelik, deur die oë van vier vroue, ontbou die verhaal van Jessie en Ses se saamwoon in liefde en haat, en van die geheime en hunkeringe in die vrouelewens waarmee hare verweef geraak het.....
....Susters van Eva is 'n onweerstaanbare roman oor 'n raaiselagtige moord en die raaisel van vrouwees. Dit bring 'n nuwe dimensie in Dalene Matthee se romankuns, en boei deur haar eiesoortige vertelwyse, verrassende insigte, en die integrasie van landskap en storie - veral die wyse waarop die bobbejane, met hul byna menslike optrede, by die gebeure betrek word."
Een van my gunsteling Dalene Mathee boeke. Ongelooflike boek wat ek baie sterk aanbeveel!
Vir my 'n moeiliker lees die tweede keer as die eerste keer destyds. Ek dink dalk is dit omdat die mensdom so hard besig is om al hulle ou agendatjies en movements en hashtags in mekaar se keelgate af te forseer deesdae en dat ek al so sat is daarvan dat die baie sterk feministiese invalshoek in die boek die keer so bietjie my nerwe geskraap het (nie dat dit nie waarhede aanspreek nie, natuurlik). Wys jou maar net hoe mens se ervaring van 'n boek kan verander met tyd. Steeds 'n sterk storie, net 'n bietjie anders aan my gesit in die huidige bestel van die samelewing as so 5 jaar gelede.
Ek het nog nooit 'n Dalene Matthee boek gelees wat my met dieselfde emosies laat nie. In hierdie boek het ek oneindig simpatie gehad met al 3 vroue - Susters van Eva deur en deur. "So betaal ons elkeen ons deel aan die sondeskuld en sal ons aanhou betaal tot ons weer in die paradys is. Ons elkeen soek en smag na ons wederhelf en beter helfte. Ons Adam wat nie gekeer het dat ons die appel hap nie en ons vir Altyd sal verkwalik vir die sweet van sy aangesig"
Hierdie is een van daardie boeke wat jou aandag hou van die eerste oomblik af. Jy wil nie die boek neersit nie, want jy moet net eenvoudig weet wat volgende gebeur. Dit is ‘n tragiese verhaal wat jy nog lank aan dink nadat jy die laaste bladsy gelees het, maar dit gaan oor werklike probleme in ons lewe elke dag. Liefde, haat en vergifnis is die beste woorde wat ek kan gebruik om die boek op te som.
Sometimes the nature of man is stronger than the laws of man. I loved this book where the roles women choose are beautifully evolving over time, each one different but with the same need - to be loved.
Dit sal een van my gunsteling boeke bly, elke keer wanneer ek dit lees speel dit van voor af met my emosies. Ek het bevind dat ek soms gelag het, gereeld hartseer gevoel het, soms was ek kwaad en ontsteld, ander kere weer geinteresseerd, en soms het ek verlore gevoel, maar die heeltyd het die boek met my emosies gespeel.
Die verhaal word vertel deur vier verskillende vrouens wat die leser toelaat om 'n eie opinie te vorm oor die gebeutenisse van die Kloof wat dit 'n baie indrukwekkende boek maak, Dalene Matthee dwing dus glad nie 'n opinie of 'n spesifieke standpunt af op die leser nie.
Die karakterontwikkeling in die boek is baie goed, en mense sien ook dat elke karakter gebroke is op hulle eie manier, elkeen het hulle eie struikelblokke, dinge waarmee hulle innerlik worstel. Net soos wat elke persoon in werklikheid verskil, verskil elke karakter in die boek as gevolg van gebeurtenisse in hulle lewens wat hulle gevorm het.
Die storie fokus op die lewens van 4 vroue in 'n afgeleë kloof in die 1980s. Cecelia de Waardt is 'n top merino-teler wat vir erkenning en oorlewing moet veg in die manlike landbousektor. Haar huwelik was 'n kombinasie van gerief en 'n beperkte keuse. Louise is met Cecilia se broer, Karel, getroud en probeer om die perfekte vrou vir 'n toekomstige parlementslid te wees terwyl haar kinders hulle eie paaie gaan. Jessie het met Karel se stiefbroer, Ses, getrou tot groot skok van die familie wat haar beskou as nie goed genoeg nie. Souf werk by almal en ken die De Waardts van kindertyd af. Nou word Jessie gesoek vir moord en sy het verdwyn en die hele kloof is gespanne. Ek is vinnig meegevoer en het baie simpatie vir al die karakters ontwikkel. Die wêreld is nooit eenvoudig swart en wit nie en hierdie boek het baie skadus van grys. Ek verstaan dat dit 'n opskudding veroorsaak het toe dit gepubliseer is en amper 30 jaar na publikasie kan mens verstaan hoe radikaal die uitbeelding van die vroue en hulle begeertes was op die tydstip.
After finishing the book, I was not sure how to rate it. I liked the storyline and could relate to the setting. Four women in a small conservative farming community trying to break the fetters of convention, with the main storyline revolving around Jessie, an unconventional inkommer (immigrant) who married into the family of Cecilia and Louise. The last member of the quartet is Souf, a woman of colour that works as a housekeeper on the family farms.
The book, written in 1995, soon after the first democratic elections in South Africa, must have stirred up lots of controversy, not just in small farming communities which are generally accepted to be more conservative than urban counterparts, because the author touches on a range of controversial subjects, ranging from filicide, abortion, infidelity and adultery, rape, sexual freedom, land ownership and restitution, nature conservation among others. In 1995 South Africans were busy contributing to a new constitution where consensus was sought on an approach and a position on a number of these. In addition, ‘respectable’ folks do not use that type of language or even discuss those issues. Dalene Matthee succeeded in her use of humour to lighten the mood, without undermining the seriousness of the circumstances pertaining to Jessie.
So why struggle with the rating? I was not happy with the denouement. .
I will definitely read the other works of Dalene Matthee, and I will recommend Susters van EvaSusters van Eva to other readers, especially Afrikaans ones.
Nie die normale Dalene Matthee nie maar 'n goeie boek. Vloei vinnig en as jy eers die karakters ken dan weet jy somme van die eerste paragraaf af wie nou onder bespreking is. Jessie kom krap alles om in die Kloof maar sy kom maak alles reg ook. Leer elkeen wie en wat hulle is. Baie goed geskryf.'n Kannie neersit boek. Goed ontwikkelde karakters en stories wat mooi opbou en op die einde ontknoop.
Uitstekend. Was mal oor die feministiese boodskap en oor hoe sy toksiese manlikheid aangespreek het. Beslis een van Matthee se beste boeke. Ten sterkste aanbeveel al was die einde 'n bietjie stomp.