Goodreads helps you follow your favorite authors. Be the first to learn about new releases!
Start by following Leon De Kock.
Showing 1-13 of 13
“Vir hom is dié geluk egter voorwaardelik: “[D]ie soort geluk van enigiemand wat – min of meer – eksistensieel lewe. Dus: die angoisse is nooit ver nie, maar dis ’n kreatiewe soort angoisse wat mens suiwer en altyd verowerend die onbekende instuur, sonder veel rus, maar met heelwat genade.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Deur in die openbaar te praat en te skryf het Brink op sy eie manier aan die stryd deelgeneem; verder het hy ook ’n ope brief aan P.W. Botha in die New York Times gepubliseer waarin hy die Suid-Afrikaanse regering met die Gestapo vergelyk. Só lees sy eerste paragraaf: You have now succeeded in establishing a deadly silence surrounding yourself and your Government. Now no one can report on what you are planning or doing, no one can expose your lies and evils, no one can speak up for those oppressed, hounded, turned out of their burning homes, tortured or killed by the latest incarnations of the Gestapo. Not even the number of those who are disappearing around us daily may be divulged.141”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“[D]ié viciousness in my het ek tevore al gesien, bowenal by Ingrid, telkens as ek begin vrees het ons staan nie meer saam nie; die wêreld is te swaar vir 2 wat nie eendragtig is nie. En dan word dit ’n perverse soort toets: O.k., jy hou jou terug; dan sal ek jou wys dat ek so bitter kan wees dat jy nie van my sal durf hou nie (kleinserige selfverdediging): ek sal bitsig & wreed wees; en as jy net die destruktiewe sien dan faal jy; as jy sien hoe dit gebore word uit bang, gekwetste liefde, dan kom ons saam anderkant uit. Perverse sadisme wat heeltemal destruktief word.7”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Hier is Antonio Gramsci se teorie aangaande hegemonie van toepassing, waarvolgens dominansie verkry word deur ’n geleidelike proses van sosiale normalisasie.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Ondanks Brink se onversetlike wil om sy wêreld self te vorm en ’n realiteit te skep wat by sy begeertes inpas, is dit vir hom uiteindelik onmoontlik om in die verhaal van sy eie lewe die alwetende verteller én die karakter André P. Brink te wees.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Hierdie nota is om twee redes betekenisvol: in die eerste plek dui dit op Brink se lewenslange gewoonte om sy geliefdes se dagboekinskrywings en briewe heimlik te lees, en tweedens dat hy ’n gesprek tussen hom en Ingrid uitgedink het, aangehaalde uitlatings inkluis. Dít dui weer daarop dat Brink – ondanks sy toewyding aan akkurate verslaggewing en sy vermoë om feitlik alles te onthou – gegewens tot ’n mate in sy joernaal gefiksionaliseer het.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“I know very well where I stand: the very act of committing to paper this open letter to you is a crime. I can be arrested for this. And if that happens, you may do your best to ensure that people in South Africa will not even know that I am among the innumerable nameless ones who are disappearing every day. But I also know that I cannot submit to being silenced forcibly – not as long as I have a conscience to live with and I have breath enough to say “J’accuse!”142 Brink sluit die brief met ’n waarskuwing af: “Nuremberg may indeed come around again.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Søren Kierkegaard, wat beskou word as ’n voorloper van die eksistensialiste, het gesê “angstigheid is die duiseling wat vryheid meebring”,”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Dit is amper ’n estetiese spel. In briewe en gesprekke praat ek myself in verliefdheid in, rig my drange op ’n fiktiewe, selfgeskape mens en projekteer die beeld op die toevallig byderhandse meisie.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Brink haal die Amerikaanse skrywer Eldridge Cleaver só aan: “We’re so filled with fears of rejection & pretenses that we scarcely know whether we’re being fraudulent with ourselves.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Mettertyd word hý, eerder as ’n fiktiewe karakter, die lydende, strompelende, en absurde onderwerp van sy eie skryfwerk. Hy word in der waarheid sy eie Hamlet.”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Terwyl Brink die toetse van sy Olivetti-tikmasjien toegetakel het met sy regter-middelvinger, soos sy gewoonte was, het Estelle al om die uur koffie en pampoenkoekies aangedra. Die egpaar het toe in ’n dakwoonstelletjie gewoon by rue Vieille du Temple nr. 124 in Parys.51 Naas Steenkamp het hierdie tyd grappig – en raak – beskryf: “Estelle bak ’n koek, André kak ’n boek.”52 Met sy vrou se tradisionele pampoenkoekies as brandstof het Brink dus sy eerste avant-garde fiksie geskep, met Camus as inspirasie. Voorwaar ’n pikante bredie!”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
“Tydens die gesprek sê Breytenbach volgens Brink ook die volgende: Here man, dit vra nie dapperheid nie, dis so natuurlik as asemhaal. Nou kom sit jy op TV en as die man sê jy’s die grootste skrywer in SA, dan val jy hom nie in die rede nie: jy sê nie hokaai, wat van Alan Paton, wat van Nadine Gordimer, wat van Zeke Mphahlele? nie [sic] ... Jy bou vir jou ’n beeld op & jy vergeet eendag gaan jy ingehaal word.64”
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie
― André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie