Helene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel ‘As dood Lewe word’. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA. Sy het ook ‘n gereelde rubriek naamlik ‘BBP’s’ op www.ekerk.co.za.
Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eHelene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel ‘As dood Lewe word’. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA. Sy het ook ‘n gereelde rubriek naamlik ‘BBP’s’ op www.ekerk.co.za.
Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. Sy het byvoorbeeld ‘n roman geskryf wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie, maar ook die pyn van verlange en wantroue. Helene het ‘n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands wat sy cum laude verwerf het. Sy het in 2008 ‘n toekenning gekry vir die beste meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteitvan Noordwes. Haar roman ‘Dieper Water’ is juis ‘n uitvloeisel van hierdie studie.
Sy skryf ook kortverhale wat al in bundels opgeneem is. Hierdie bundels is saamgestel deur T.T.Cloete, Jeanette Ferreira en Daniel Hugo. Helene was verskeie male naaswenner met die ATKV/Sarie pryse vir vervolgverhale en ook die ATKV/rooi rose kortverhaalwedstryd. Al haar vervolgverhale is in boekvorm deur verskeie uitgewers uitgegee en ander romans het weer direk in boekvorm verskyn. Sy gee sporadies lesings oor Skryfkuns aan die Skryfskool van die Noordwes Universiteit asook by die Universiteit van Pretoria.