Kobus Lombard is in 1952 in Waterval-Boven gebore en het as ’n aangenome kind – uit die Maria Klopper-kinderhuis – in Gobabis, Namibië grootgeword. Nadat hy matrikuleer in Windhoek aan die hoërskool Jan Möhr, voltooi hy sy verpligte diensplig in die SA Lugmag. Hy studeer in die handelswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch en doen sy nagraadse studie in sielkunde deur UNISA.
In 1980 verhuis Lombard terug na Namibië. Tans is hy werksaam by die Stadsraad van Windhoek as opleidingsbestuurder.
Sy debuutbundel Geknipte naelstring verskyn in 2001 by Protea Boekhuis en haal in 2003 die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Hierna verskyn nog vier bundels uit sy pen: Tussen wysvinger en duim (2005), Vlerke vir my houteend (2010), Skadu oor dKobus Lombard is in 1952 in Waterval-Boven gebore en het as ’n aangenome kind – uit die Maria Klopper-kinderhuis – in Gobabis, Namibië grootgeword. Nadat hy matrikuleer in Windhoek aan die hoërskool Jan Möhr, voltooi hy sy verpligte diensplig in die SA Lugmag. Hy studeer in die handelswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch en doen sy nagraadse studie in sielkunde deur UNISA.
In 1980 verhuis Lombard terug na Namibië. Tans is hy werksaam by die Stadsraad van Windhoek as opleidingsbestuurder.
Sy debuutbundel Geknipte naelstring verskyn in 2001 by Protea Boekhuis en haal in 2003 die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Hierna verskyn nog vier bundels uit sy pen: Tussen wysvinger en duim (2005), Vlerke vir my houteend (2010), Skadu oor die sonwyser (2015) en Tussen toeval en willekeur (2018).
Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek” en “As die son kom oogknip”....more