Goodreads helps you follow your favorite authors. Be the first to learn about new releases!
Start by following Jan Rabie.

Jan Rabie Jan Rabie > Quotes

 

 (?)
Quotes are added by the Goodreads community and are not verified by Goodreads. (Learn more)
Showing 1-3 of 3
“Die bewys van hoeveel derduisende jare mens en hond al saam loop, is dat die naamwoord hond, chien, perro, skulos, dog reeds ontelbare geslagte had om in baie tale al verder van mekaar af te groei; terwyl die kat eers onlangs, eintlik nog ongetem, in die mens se lewe ingestap het, en die naam kat, cat, gatos, chat omtrent nog dieselfde in alle tale is.”
Jan Rabie, 'n Boek vir Onrus
“And while, by its nature, a lingua franca creates colonial conditions, it is impoverished by its colonial, osmotic role, by its levelling to the average and the easiest, laziest words so as to reach the greatest number of speakers and readers. As an example in English these days, hen, cock, fowl have disappeared, while chickens even have to lay eggs. To look back to Latin: culturally Latin was not creative outside Italy. A lingua franca is a creative dynamo only in the centre of its domain. As Toynbee said in his Study of history: Culture for export is culture no longer.”
Jan Rabie, Buidel
“Na die halfeeuwending het die Franse glans begin taan. Soos ook die belangrikheid van die Franse taal wat al hoe meer voor wêreldwye Engels moet wyk.
Die intelligentsia het begin dwaal, geflirt met die Marxisme, of begin om die nuwe gode, die media, en by uitstek die internasionale vervlakking van TV aan te hang. Om self op die kassie te verskyn.
'La trahison des clercs', die verraad van die klerke, noem kritikus Julien Benda dit.
Wie kan vandag nuwe groot name in die Franse skrywerswêreld opnoem? Wanneer laas het 'n bekende Franse skrywer die Nobelprys verower? Wie ken Claude Simon? Die styl en dinamiek van stede kom en gaan. Ook dié van beskawings. Dit lyk of die hele Weste op die afdraand van geld is. Op die oomblik is daar geen stad ter wêreld wat Parys se vroeg 20ste-eeuse roem kan ewenaar nie. Miskien amper New York?
Ons sien dit ook in die Afrikaanse letterkunde wat 'n sekere elegansie verloor vir 'n brute en verwarde herwaardering van prioriteit in die Suider-Afrika waarin ons woon.”
Jan Rabie, Buidel

All Quotes | Add A Quote
21 21
8 ratings
Die Groen Planeet Die Groen Planeet
8 ratings