Dr Ben du Toit is ’n voormalige kommunikasie-direkteur van die NG sinode van die Wes- en Suid-Kaap. Hy in 1950 in Malawi gebore. Hy behaal die grade BA en BTh aan die Universiteit Stellenbosch, asook MA (cum laude) en DPhil aan die Universiteit van Port Elizabeth ná buitelandse navorsing by die Graduate Theological Union in San Francisco, VSA. Ben du Toit se vorige boek, God? Geloof in ’n Postmoderne tyd, is in 2002 met die Andrew Murray-prys bekroon en in 2012 heruitgegee.