Ledigheid
Sy kom en kla
dis te ver, dis te na
dis te warm, dis te koud,
te jonk, te oud
te blou, te rooi
te lelik, te mooi
te soet, te sout.
Die kinders is stout.
Die voëls raas,
te veel blomme in die vaas
en spatsels teen die spieëls;
jy ken mos die reëls.
Wie't gemors op die tafel?
Die roksoom het 'n rafel.
En so gaan dit aan en aan
dag na dag
van sonop tot maanop.
Sy't niks anders te doen
as om foute op te noem.
Kry 'n stokperdjie, vroumens!
Jy maak my nog kens.
Kopiereg 2016 Magdel Roets
Published on
October 18, 2016 17:16
•
Tags:
humor