Partykeer kom daar net ‘n sin in my kop, met woorde waarvan ek die betekenis moet opsoek. Een so ‘n sin: The pure magic of a glimpse of the strange fusion of disparate realms.
Ek moes letterlik opkyk wat disparate beteken en dink wat die sin beteken.
En daar is inderdaad ironie daarin: Die absolute magic daarvan, dat verskillende dimensies wat dalk onversoenbaar lyk, soms bymekaarkom, en dat so ‘n sin dan in my kop kom sit.
Partykeer voel dit asof woorde my kies, nie andersom nie. Dit kom wanneer ek dit die minste verwag, sonder aankondiging. Dit laat my in absolute verwondering, en ek probeer om sin te maak van iets wat dalk nie bedoel is om volkome verstaan te word nie.
Miskien is dit juis die magic daarvan: die oomblik wanneer die grense tussen denke en gevoel, tussen logika en misterie, vervaag. ‘n Glimps van die vreemde samesmelting van dimensies wat mekaar net vir ’n oomblik aanraak.
Published on October 11, 2025 13:14