Luister Quotes

Quotes tagged as "luister" Showing 1-3 of 3
Sophia Kapp
“Jy hoef niks te vra nie, jy moet luister. Dis ’n vaardigheid wat baie min mense deesdae het. En dit is, ironies genoeg, die ding wat ons die graagste wil hê. Vriende is eintlik maar net gewone mense wat luister.”
Sophia Kapp, Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva

“Verstandig en stil? Is dit soos wat ander mense haar beskou? Iemand wat luister, sonder 'n eie verhaal?”
Marguerite Poland, Die Bewaker

Trisa Hugo
“Ek het nog altyd na die fluisterstem in my kop geluister en nou het dit skryf jou storie, Alda, skryf jou storie, agter my oor kom fluister. Wie is ek om te stry?

Somtyds is dit net 'n ligte gewaarwording, maar partykeer is dit helder en duidelik nie altyd in die stilte van die nag nie, maar meermale ook sommer helder oordag. Dan weet ek ek moet luister. Luister, luister, wie daar fluister.”
Trisa Hugo, Viersprong