Goodreads helps you follow your favorite authors. Be the first to learn about new releases!
Start by following Trisa Hugo.

Trisa Hugo Trisa Hugo > Quotes

 

 (?)
Quotes are added by the Goodreads community and are not verified by Goodreads. (Learn more)
Showing 1-3 of 3
“Ek het nog altyd na die fluisterstem in my kop geluister en nou het dit skryf jou storie, Alda, skryf jou storie, agter my oor kom fluister. Wie is ek om te stry?

Somtyds is dit net 'n ligte gewaarwording, maar partykeer is dit helder en duidelik nie altyd in die stilte van die nag nie, maar meermale ook sommer helder oordag. Dan weet ek ek moet luister. Luister, luister, wie daar fluister.”
Trisa Hugo, Viersprong
“As sy konsentreer op ander se liefdesverhale, vergeet sy dalk van haar eie lewe wat op maniere uitgedraai het waarvan sy nooit sou kon droom nie. Haar lewe klink soos fiksie waarin die werklikheid woon.

Sy laat die Kindle op haar bors rus, lê met haar hande agter haar kop terug en wonder oor feit en fiksie. Haar lewe, die moontlikhede van ongeleefde lewens waar ’n klein keuse iewers haar lewenstroom elders heen laat kronkel het. Wat sou onder die oppervlak van die alternatiewe wees, wat sou kon wees? Bestaan dit iewers? Wie is die karakters wat haar op hierdie onbetreë paaie sou inwag? Bestaan hulle of is hulle fiktief? In watter wêreld leef ons eintlik?”
Trisa Hugo, Oor en weer
“Die lewe van ’n vryskutwerker is ’n wipwarit en die hobbels skud haar soms dat haar kakebeen klap en haar tande snags knars van stres.”
Trisa Hugo, Oor en weer

All Quotes | Add A Quote
Trisa Hugo
34 followers
Oor en weer Oor en weer
20 ratings
Erfskandes Erfskandes
18 ratings
My Kort vir jou Sop My Kort vir jou Sop
12 ratings
Hartsgronde: Kortverhale uit ’n plek dieper as die hart Hartsgronde
3 ratings