Missionaal Quotes

Quotes tagged as "missionaal" Showing 1-8 of 8
Jaco Strydom
“Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met dié wat MIV-positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie . . .”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Ek het al dikwels gesien hoe mense wat ons Echo-gemeenskap besoek, aanvanklik heel beïndruk is, maar gou ’n mate van ontnugtering beleef as hulle ons eers beter leer ken. Daar is dalk liefde en selfopoffering, maar daar is ook baie chaos en konflik. Ek wonder soms, wat het hulle verwag, St Franciscus se happy band of brothers? I wish!”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Dis die droom van rykdom wat ons arm maak”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“Toe sien ek, die ou tannie met die swak teologie wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem, doen meer as sewe goeie teoloë . . .”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“n ronde gebou
met 'n toring
en 'n hoender op
is eintlik 'n aardige hok
vir 'n alomteenwoordige God

('n ouditorium ok)”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“Kom ons reël 'n braai, dan moan ons bietjie oor hoe sleg dit gaan in die nuwe Suid-Afrika.”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“Dis asof ons onsself nie kan help nie. Ons raak maklik deurmekaar. Ons kompliseer eenvoudige waarhede wat bloot geleef moet word, en oorvereenvoudig komplekse dinge waaroor ons eerder moet stilbly.”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense